Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

Eerlike, weerlose twyfel- en "ongeloofs"-verhale

HIER STAAN EK ... 
REDAKTEURS:
D VAN WYK, C NOLTE, L ATTERBURY 
UITGEWER: GRIFFEL MEDIA, 2011 
RESENSENT: FANIE SNYMAN

Hierdie boek is ’n versameling van opstelle in outobiografiese styl van ’n wye verskeidenheid skrywers wat ’n oorsig gee van hulle geloof wat deur die jare verander het. Die skrywers sluit ouer en jonger mense, vroue en mans, predikante, beroepslui, anonieme mense, bekendes, minder bekendes en onbekendes in. In die boek verneem die leser hoe insidente in die lewe van mense meegewerk het tot ’n (soms drastiese) verandering in die manier waarop geloof verwoord en beleef word. Verhale en anekdotes uit mense se kinderjare, van ’n kwaai dominee se woedende preke met dreigemente van die hel; lewenskrisisse van siekte en dood; en (veral) die onbevredigende manier waarop kritiese vrae oor geloof beantwoord is, het in baie gevalle tot ’n alternatiewe manier van glo gelei.

Die voorwoord is ’n belangrike sleutel tot die verstaan van die boek. Die redakteurs verduidelik simpatiek en nie-apologeties waarom die boek gepubliseer is. Die motief of rede vir die boek is om aan belangstellendes ’n insig te bied in hoe en hoekom mense tot ander insigte gekom het as wat in kerke geglo of verkondig word.

Die eerlikheid en ook weerloosheid waarmee die verhale vertel word, is aangrypend. Die boek dwing die leser tot introspeksie: Hoe het dit gebeur dat die boodskap van God se liefde, vergifnis en versoening so verkondig is dat dit eerder vrees as verlossing gekommunikeer het? Hoe het dit gebeur dat vrae van denkende en twyfelende gelowiges nie bevredigend beantwoord is nie? Hoe het dit gebeur dat hierdie mense se begrip van wat die Bybel is, so strak geword het dat die boodskap van die Bybel moeilik geglo kan word?

Dit is dus ’n boek wat ek graag aanbeveel vir lesers van Kerkbode omdat dit groter begrip bring vir mense wat dit moeilik vind om te bly glo.

Tegelykertyd vra die boek na ’n herbesinning van hoe die evangelie gekommunikeer word. Denkende, vraende, twyfelende lidmate moet ook welkom wees om hulle vrae te vra en om desnoods ook ná vele gesprekke van woord en weerwoord sinvolle (al is dit dan ook net voorlopige) antwoorde op vrae te kry.

- Prof Fanie Snyman is ’n Ou-Testamentikus aan die Universiteit van die Vrystaat.

------------------------------------------------------------

Raad uit die Blou Bul-kamp

WENPLAN VIR DIE LEWE 
DEUR:
JANNIE PUTTER 
UITGEWER: LUX VERBI, 2011 
RESENSENT: PIETER VAN NIEKERK 

Jannie Putter, bekend vanweë sy verbintenis met die Blou Bulle, draai nie doekies om as hy grepe uit sy lewe met lesers deel nie. Hy het daarin geslaag om uit sy donker tye van eensaamheid, woede, teleurstelling en verwyte op te staan en op ’n nuwe pad van betekenis en sinvolheid te begin stap. Sy raad is om in die eerste plek God in jou lewe in te nooi en aan God gesag oor jou lewe te gee.

Jannie is nie ’n teoloog of Bybelwetenskaplike nie en daarom sou dit onbillik wees om op sy gebruik van die Bybel en sy Godsbegrip te fokus. Hy waarsku gereeld teen die mag van Satan, maar erken ook dat ’n mens altyd ’n keuse het. Die titel wat na ’n wenplan verwys, kan na ’n kitsresep klink, maar ek dink die skrywer slaag daarin om dit as ’n proses te beskryf.
Putter rig sy advies en wysheid aan mense in “die greep van die wêreld se pret en plesier van prestasies, en wat nie weet hoe om daaruit te kom nie”. Hy skryf aan diegene wat soos verloorders voel, wat met pelle saampraat terwyl hulle Sondag vroom in die kerk sit. Hy praat met diegene wat oor die tou getrap het en jongmense wat dink “almal doen dit”. Hy gee vir ouers raad om hulle kinders met regte keuses te begelei. Ek sou sê dit is ook geskryf vir sogenaamde jappies wat innerlik leeg voel.

Jannie se lewenswysheid laat ’n soet geur na, veral omdat hy kon opstaan nadat hy lelik met die grond kennis gemaak het. Lees gerus die 23 hoofstukke van Jannie Putter se Wenplan vir die lewe en verryk jou lewe daarmee. Dit is goeie raad uit die Blou Bul-kamp.

- Dr Pieter van Niekerk is die predikant van die VGK-gemeente Friemersheim.

--------------------

Spiritisme in Afrikaner-geskiedenis bekyk


 
AGTER DIE SOMBER GORDYN
DEUR:
JOHANNES BERTUS DE VILLIERS
UITGEWER: GRIFFEL MEDIA, 2011
RESENSENT: LAURIE GAUM

Met sy kenmerkende tong-in-die-kies-styl gee die bekende joernalis Johannes de Villiers in hierdie boek ’n fassinerende blik op die stilgemaakte geskiedenis van spiritisme (nie te verwar met “spiritualiteit” nie) in Suid-Afrika en spesifiek onder Afrikaners. Interessant genoeg was spiritisme vroeër veral invloedryk onder die sosiale elite. Selfs die naam van ’n kerkman soos ds P Huet duik in die 1800’s op as ’n belangstellende. 

“Die spiritisme was deel van die lewe van figure wat die Afrikaneridentiteit help formuleer het,” skryf De Villiers. Dit het ’n groot rol in skrywerskringe gespeel en ’n impak op die literêre bewegings van die dertiger- en sestigerjare van die vorige eeu gehad. Die Afrikaanse digter DJ Opperman was volgens De Villiers een van die “geestelike nonkonformiste” wat in die loop van die 20ste eeu “deur geloofstwyfel en rou” by spiritisme aanklank gevind het.

Spiritisme is ’n georganiseerde vorm van geestekommunikasie wat doelbewus probeer om die geeste van dooies op te roep. Dit was aanvanklik uitheems, afkomstig van die VSA en Europa, maar het in Suid-Afrika maklik aansluiting gevind by ’n lewendige spooktradisie. Buiten die kerkgeloof, was laasgenoemde die vernaamste manier waarop daar oor die dood en die bonatuurlike gedink is, skryf De Villiers.

Veral insiggewend is dat De Villiers na spookstories verwys as “die narratiewe terapie” waarmee die trauma van die Anglo-Boereoorlog onder Afrikaners verwerk is; op dieselfde manier waarop spiritisme in Europa aansluiting gevind het by die konteks ná die Eerste Wêreldoorlog. Met die verstedeliking van Afrikaners vroeg in die 20ste eeu, het spiritisme in die plek van sieners en spookstories as “volksgeloof” gekom, meen De Villiers.

In die 1960’s en 1970’s het spiritisme ál meer in onguns beland en is dit soms gelyk gestel aan satanisme. Die Bybelse verhaal van koning Saul en die dodebesweerster van Endor (1 Sam 28) is onder meer gebruik om aan te dui dat spiritisme onaanvaarbaar is. Wyle prof FJM Potgieter van Stellenbosch het ’n belangrike rol gespeel om spiritisme onder Afrikaners ’n uitklophou te gee.

Dit is vir my opvallend dat die tyd toe die stryd teen spiritisme verhewig het, ook die tyd was toe die stryd in Afrikanergeledere teen byvoorbeeld liberalisme en kommunisme op sy sterkste was. Ek sou wou gehad het dat De Villiers meer van hierdie parallelle moes uitwys en kommentaar daarop lewer. Daar word deesdae baie gepraat oor ons erfenis in Suid-Afrika, en mense van verskillende tradisies roep die inheemse wysheid van weleer in herinnering. De Villiers lê met sy boek onverwagse Afrikaner-wortels bloot.

- Laurie Gaum is verbonde aan die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit (nie spiritisme nie) in Kaapstad.

 
Boekresensie Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.