Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 23 Februarie 2012

Britse priesters verdeeld oor gay-verbintenisse

Jean Oosthuizen

’n Groep van 120 geestelikes in die Kerk van Engeland (die Anglikaanse Kerk) het in ’n ope brief gepleit dat die kerk groter ruimte skep vir die erkenning van verhoudings tussen mense van dieselfde geslag.

Hulle vra dat priesters toegelaat moet word om te besluit of hulle sulke verhoudings in die kerk wil seën. Die kerk se regulasies maak tans geen voorsiening daarvoor nie.

Homoseksuele mense kan sedert 2005 hulle verbintenis in Engeland laat registreer, maar homoseksuele huwelike word nog nie voltrek nie. Sedert 2010 mag homoseksuele paartjies egter hulle burgerlike verbintenisse tydens ’n godsdienstige seremonie in ’n kerk of godsdiensgebou laat registreer. ’n Godsdiensorganisasie mag nie gedwing word om sulke registrasies op hulle perseel toe te laat nie.

Die Kerk van Engeland het besluit om dit nie toe te laat nie. ’n Beduidende groep van die kerk se geestelikes is egter nie tevrede met die kerk se besluit nie. Volgens die Britse media is die groep geestelikes wat daarteen gekant is, aansienlik meer as die 120 wat die ope brief onderteken het.

Die Kerk van Engeland is deel van die wêreldwye Anglikaanse gemeenskap wat diep verdeeld is oor die kwessie van homoseksualiteit.

Dit is onwaarskynlik dat hulle die bestaande verbod op die kerk se seën op sulke verhoudings sal ophef, wanneer hulle Algemene Sinode, die hoogste vergadering in die kerk, volgende maand vergader.

Bron: Ikon

 
Wereldnuus Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.