Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

Korrupsie kry die wind van voor

Corruption Watch (CW), ’n organisasie wat sigbare slaankrag wil gee aan korrupsiebestryding, het die groenlig gekry van prominente kerkleiers soos die NG Kerk se algemene sekretaris en een van die vise-presidente van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), dr Kobus Gerber.

CW, ’n organisasie sonder winsbejag, is deur Cosatu as ’n “burgerlike korrupsiewaghond” in die lewe geroep om iets daadwerkliks omtrent die buitengewone hoë vlakke van korrupsie te probeer doen en is verlede week in Johannesburg bekend gestel.

Dr Gerber het aan Kerkbode gesê die NG Kerk verwelkom die nuwe inisiatief met ope arms en dat dié kerk 100 persent positief is oor die stigting van CW. Hy sê dit moet veral verwelkom word dat die teenvoeter teen korrupsie nie slegs uit een sektor van die samelewing kom nie, maar uit talle oorde.

Intussen het kerkleiers wat by die SARK betrokke is ook Woensdag tydens hulle vergadering die grootskaalse korrupsie en geldvermorsing op talle plekke in die land bespreek.

Dr Willem Fourie, senior lektor aan die Departement Dogmatiek en Christelike Etiek aan die Universiteit Pretoria, sê enige inisiatief wat korrupsie beveg, is ’n goeie idee en moet verwelkom word. Hy het aan Kerkbode gesê daar is veral twee denkskuiwe wat kan help in die stryd teen korrupsie. “Eerstens is daar die ongemaklike besef dat dit nie net ánder is wat korrupsie pleeg nie. Wanneer ons ook al – buite of binne die kerk – onverantwoordelik en ondeursigtig omgaan met die mag wat ander vir ons gee, pleeg ons korrupsie. Korrupsie is geensins iets wat beperk is tot die openbare sektor nie. Tweedens is dit goed om onsself te bly herinner dat ons iets aan korrupsie kán doen. Wanneer ook al ons ’n sterk vermoede het dat korrupte aktiwiteite plaasvind, is dit ons plig om dit – soms met deursettingsvermoë – te rapporteer en op te volg, selfs al beteken dit ongewildheid of die verlies van besigheid.”

Alhoewel die vinger dikwels na die nasionale regering sowel as provinsiale regerings gewys word, is dit nie net provinsies soos Limpopo wat deurspek is van korrupsie, ongerymdhede en kontrakte met staatsamptenare nie. In aansluiting by die openbare beskermer, adv Thuli Madonsela, se uitspraak by die bekendstelling van die CW dat korrupsie veel wyer as die openbare sektor strek, het dr Pieter van Niekerk van die Friemersheim-gemeente van die Verenigende Geref Kerk aan Kerkbode vertel dat dié gemeente se geldkas oor ’n lang tydperk leeg gesteel is. Intussen is lidmate wys gemaak dat dit ’n “arm gemeente” is en moes die leraar tevrede wees met ’n klein salaris omdat dit ’n “arm” gemeente is.

Dr Van Niekerk het gesê net soos moord, is korrupsie en hebsug een van die oudste oortredings in die geskiedenis. “Dit het só deel van die Suid-Afrikaanse kultuur geword dat mense dink hulle kan met byna enigiets wegkom en dat dit in orde is solank hulle nie uitgevang word nie.” Hy het beklemtoon dat dit nie ’n rasseprobleem is nie, maar onder alle bevolkingsgroepe voorkom. “Dit begin met die pen wat jy by die werk steel.”

Besoek www.corruptionwatch.org.za vir meer inligting.

– jean@tydskrifte.co.za


Nuus Argief

Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.