Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 23 Februarie 2012

10 vrae aan ... Flip Loots


DR Flip Loots is die besturende direkteur van Triple M-produksies wat onder meer vir RSG godsdiensprogramme vervaardig. Hy is die één teoloog in Suid-Afrika met sowel akademiese kennis as beroepservaring van die radio as 21ste-eeuse kommunikasiemedium. Frits Gaum het met hom gesels.

1) Wie is Flip Loots?
Ek is ’n gebore Kapenaar wat uiteindelik in die ou Transvaal (Gauteng) beland het en aan die Universiteit van Pretoria vir predikant studeer het. Ek was predikant van ’n paar gemeentes, was agt jaar betrokke by die destydse Transwêreldradio, die latere Radiokansel, waar ek in 1985 as besturende direkteur uitgetree het. Ek was ook vir nagenoeg twee jaar by Christen-Netwerk Media in die Kaap en is sedert die totstandkoming daarvan lid van die SAUK se Godsdiensuitsaaipaneel. Ek is getroud met Karin. My drie kinders is almal reeds getroud en ek is oupa van ses – skatryk!

2) Wat was die onderwerp van jou doktorstesis?
“Die radio as kommunikasiemiddel in diens van die prediking.”
 
3) Is die radio nog regtig ’n relevante kommunikasiemedium?
Volgens die jongste gepubliseerde statistieke deur AMPS 2010AB het 91,4% van die mense in Suid-Afrika bo 15 jaar – dit is nagenoeg 45,7 miljoen mense – toegang tot ’n radio, terwyl slegs 13,2% toegang tot die internet het. Dit is ook interessant om te weet dat die World Summit on Information Society (WSIS) so onlangs as in Mei 2010 aangedui het dat twee maniere waarop die opvoedkundige standaard van mense wêreldwyd verbeter kan word, via die radio en selfone met radiofrekwensies is. Ja, die radio is ’n baie belangrike 21ste-eeuse kommunikasiemedium!
 
4) Kom godsdiens tot sy reg in ons land se radiodienste?
Ja, ek dink so. Hoewel die nasionale uitsaaier (die SAUK) nie ’n godsdiensradiostasie is nie, bepaal die uitsaaibeleid van die SAUK tog dat daar op die verskillende senders tyd vir godsdiensuitsendings beskikbaar gestel word. Verskillende godsdiensgroepe kry dus geleentheid om godsdiensprogramme op die nasionale uitsaaier se dienste aan te bied. Dan is daar ook in Suid-Afrika ’n hele aantal gemeenskapsradiostasies en privaat radiostasies wat hoofsaaklik godsdiensprogramme uitsaai.
 
5) Vir watter godsdiensprogramme is Triple M-produksies verantwoordelik?
Triple M-produksies vervaardig per kontrak vir RSG die vroegoggend- en oggendmeditasie, die joernaalprogram Sondag Aktueel, die ere- en ateljeedienste, asook Sondagoggende se Kleutertyd. Verder vervaardig ons programme vir Transwêreldradio SA op DStv se oudiokanaal 155, en ons maak vir gemeenskapsradiostasies programme wat op gestremdes en mense bo 50 gerig is. Ons maak ook soms televisieprogramme vir die SAUK.
 
6) In die “ou dae” het die drie Afrikaanse susterkerke ’n soort monopolie gehad op die godsdiensuitsendings van die destydse Afrikaanse diens. En deesdae?
Daar is op die oomblik geen monopolie van enige kerk op die godsdiensuitsendings van RSG nie. Trouens, RSG verwag dat die aanbieders verskillende kerke en geloofsgroepe sal verteenwoordig. 
 
7) Watter vereistes stel RSG aan godsdiensuitsendings?
RSG verwag dat die luisterkultuur van hulle luisteraars (wat veral bruin en wit mense is) in ag geneem moet word, dat aanbieders radiomatig sal wees en dat vroue tot hulle reg sal kom. Kontroversiële standpunte waaroor kerke en mense onderling verskil, moet ook nie verkondig word nie.
 
8) Dit is nie altyd mense met teologiese opleiding wat godsdiensuitsaaibeurte kry nie. Skep dit nie ernstige probleme nie?
Nogal nie. Soms kry die nie-teoloë selfs meer positiewe luisteraarsreaksie as die teoloë! Ons kontroleer die Bybelse inhoud van die boodskappe sover moontlik. Maar ja, daar is nou weer ’n klemverskuiwing terug na persone met teologiese opleiding.  
 
9) Is dit moontlik om godsdiens uit te saai sonder om teologies-omstrede kwessies aan te raak?
Die vraag is: Wat wil jy bereik met godsdiensuitsendings? Voortdurende debatte en stryery oor teologies-omstrede kwessies, of die opheffing en bemoediging van soekende, honger, angstige en dikwels mismoedige Suid-Afrikaners? Vir my was die positiewe verkondiging van die kernwaarhede van die Skrif nog altyd ’n prioriteit in die opbou van mense se geloof. Dit wil nie sê dat teologies-omstrede sake nie aan die orde kan kom nie, maar dan wel in gestruktureerde gespreksprogramme waar verskillende standpunte op ’n verantwoordelike manier gestel word.
 
10) Hoe oordeel jy oor die gehalte van godsdiensuitsendings in ons land?
Daar is baie positiefs om te sê: deeglike navorsing, erns met die Woord, opregtheid in die aanbieding ... Maar, ja, daar is ruimte vir verbetering, veral wat die kommunitatiewe aard van godsdiensuitsendings betref. Baie godsdiensuitsaaiers vind dit moeilik om los te kom van hulle preekstyl en sukkel om gemaklik in verstaanbare taal met die luisteraars te gesels. Teologiese studente behoort in hulle studiejare opgelei te word in die vereistes van radiokommunikasie – iets waarvoor ek my aktief beywer.

 
Tien Vrae aan... Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.