Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Familiedag gehou vir kinders en Bybels

PRETORIA. – Op 8 Mei hou Adventures 4 Christ (A4C), ’n uitreikprogram na Mosambiek, ’n familiedag by die Real men follow Jesus-kampterrein. Die dag word spesifiek gereël om soveel as moontlik Bybels in te samel. Die mikpunt is 50 000 Bybels. Daar gaan hulle ook poog om geld in te samel om kos vir die kinders van die Sonop-kinderhuis in Pretoria te koop.

“Die familiedag gaan ’n prettige geleentheid wees vir die hele gesin, kerkgroepe of vriende,” sê Dewal Rosema, medestigter van A4C. “Ons nooi oud en jonk, Christen en nie-Christen, uit om deel te wees van dié familiedag met ’n verskil.”
Daar gaan vlooimarkstalletjies, kunstenaars en uitstallings wees. Vir die kinders is daar gesigverf, springkastele en pretritte. Avontuurlustiges kan na modelkar- en kragfietsvertonings kyk. Daar is ook ’n potjiekoskompetisie en boeresport.
Die familiedag is ’n gulde geleentheid om by te dra tot die verspreiding van God se Woord. Deel in die pret en bring ou of ongebruikte Bybels saam. ’n Donasie kan ook gemaak word om ’n Bybel te koop.

Meer inligting is beskikbaar by www.adventures4christ.co.za


Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.