Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Noordelike sinode se moderator tree uit

Die moderator van die Noordelike sinode, dr Johan Pienaar, het besluit om uit te tree.

Dr Pienaar sê hy gebruik spesifiek die woord “uittree” en nie “aftree” nie, omdat hy verbete glo dat die Here vir hom geleenthede gaan skep om met sy klein bietjie ervaring op ander maniere in diens van sy Koninkryk te wees. “Ek droom werklik om op ’n toegespitste manier steeds mee te werk aan ons droom om Hoop te bring en ’n Verskil te maak.  Ek is baie, baie opgewonde hieroor,” het dr Pienaar in Noordelike sinode se elektroniese nuusbrief, Verskil, geskryf.

Hy sê een van die lewensbeginsels wat hy as jong dominee reeds by Napoleon raakgelees het, is: “Dit is belangrik om te weet wanneer dit die regte tyd is om ’n geveg te begin, maar nog belangriker om te weet wanneer om ’n geveg te beëindig.”

Dr Pienaar sê hy is oor die laaste paar maande van oortuiging dat hy die beginsel ook moet toepas in sy gemeentebediening. 

“Ek was op 18 Januarie 36 jaar in die gemeentebediening en het na baie intense stilword voor die Here, met my kerkraad onderhandel om begin Junie uit die gemeentebediening te tree,” skryf hy in die sinode se jongste nuusbrief. 
Dr Pienaar se uittrede raak uit die aard van die saak raak ook sy betrokkenheid by die sinodale strukture. Hy sê hy het reeds vir die DKB gevra om te beplan sodat hulle by die SDR vergadering van 4 Junie ’n opvolger kan aanwys.  “As ek so na die vroue en mans kyk met wie ek die voorreg gehad het om saam te werk, glo ek dat die Here ’n nuwe opwindende groeipad vir die sinode in gedagte het. Intussen wil ek die laaste twee maande gebruik om ’n laaste paar dinge af te rond,” het dr Pienaar gesê.
jean@tydskrifte.co.za


Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.