Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Word deel van die sokkergees

KAAPSTAD. – NG Gemeentes regoor die land is aangemoedig om konstruktief betrokke te raak by vanjaar se Sokker-Wêreldbeker byeenkoms.
“As jou gemeente nog nie weet wat om in die aanloop tot die Sokker Wêreldbeker te doen nie, is daar ’n  lekker eenvoudige oplossing,” sê ds  Gielie Loubser van die Wes-en-Suid-Kaap Jeugkantoor.

Die inisiatief het op Sondag, 14 Maart, amptelik afgeskop. Ds Loubser sê dit sal baie goed vir gemeentes wees as hulle tot die einde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in al die eredienste van die gemeente (ook Jeug en kindergerigte byeenkomste) ’n 5-minute World Cup moment kan hê.

Die moment bestaan onder meer uit ’n gebedsfokus waartydens daar elke Sondag vir twee lande wat deelneem gebid sal word.

“Ons het die 32 lande opgedeel dat elke gemeente van 14 Maart tot 11 Julie deur al die lande kan bid. Daar is ’n PowerPoint met al die lande se vlae beskikbaar. Die vlae sal ook beskikbaar wees by Dieter Schutte 083 456 2344 @ R47 per vlag,” het ds Loubser gesê.

Die weeklikse sokkermoment kan op die internet afgelaai word by www.nous.org.za

’n DVD-Resource Kit sal ook vroeg in April beskikbaar wees. Produkte en programme is heeltemal gratis. Die DVD sal by elke NG en VG Kerk in die land beskikbaar wees.

Die proses se hoogtepunt is op 11 Julie wat ’n uitgewerkte Wêreldbeker finaal Sportdiens behels. - jean@tydskrifte.co.za


Kommentaar:

Sokkergees
2010/03/22
Ek het eers die artikel: "Sport is soos 'n kakiebos", gelees. My reaksie was dat Dr. Naude die lyn tussen die sekulere wereld en die kerk te dun trek. Die hele Suid - Afrika en die res van die wereld is tog nie die Kerk nie. As Dr. Naude praat van sport wat 'n kakiebos binne die kerk word, stem ek met hom saam. Die artikel "sokkergees" bevestig so 'n siening. Ds. Loubser vra dat alle gemeentes vir die duur van die wereldbeker sokkertoernooi 'n 5-minute World Cup moment moet he. Ek is 'n sport ondersteuner maar ek is van oortuiging dat hierdie versoek aan Godslastering grens. Bid vir die lande wat deelneem, maar laat dit deel vorm van die normale verloop van die erediens. Ek distasieer my van enige gemeente wat elke Sondag 'n 5 minute,of selfs een minuut, se World Cup moment hou. Word deel van die Godsgees en nie van die sokkergees nie - Fanie van Emmenes
 
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.