Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 9 September 2010

Nuwe Bybellennium bekendgestel

CUM het op 17 Oktober die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar  by ’n glansgeleenheid in Johannesburg bekendgestel. Verskeie Bybelkundiges van oor die hele land het meegewerk aan die projek. Fika Janse van Rensburg, direkteur van Bybelwetenskappe en Bybeltale, aan die Noordwes-Universteit op Potchefstroom, is die eindredakteur en redakteur van die Nuwe Testament-gedeelte in die publikasie. Prof Marius Nel is redakteur van die Ou Testament-gedeelte.

Hy is buitengewone professor aan die Noordwes-Universiteit en pastoor by die Alberton Lewensentrum. Gelowiges wat meer van die Bybel wil weet, sal deur die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar ’n wyer insig in die Bybel kry, sowel as van die wêreld waarin dit afspeel en die betekenis daarvan vir vandag.

Van die medewerkers wat by die bekendstelling teenwoordig was, is van links na regs: Proff. Fanie Snyman, Stephan Joubert, Hermie van Zyl, Marius Nel (Redakteur van die OT), Wim Vergeer, Fika Janse van Rensburg (Redakteur van die NT en Eindredakteur), Phil Botha, Jan du Rand, Gert Prinsloo, mnr Chris Johnsen (Besturende direkteur van CUM), proff Francois Tolmie en Pieter Venter. Foto verskaf


Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.