Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 9 September 2010

Geloof en wetenskap in gesprek

BLOEMFONTEIN. – In aansluiting by die Internasionale jaar van Sterrekunde, is ’n mini-konferensie in Bloemfontein aangebied waar die moontlike sintese tussen geloof en wetenskap bespreek is.

Shepherd, sentrum vir die begeleiding van geestelike leiers, die UV se Fakulteit Teologie en die Boyden-wetenskapsentrum, het saamgewerk in die aanbied van die geleentheid. Prof Fanie Snyman van die Departement Ou Testament (UV) het die verskillende perspektiewe op die skepping in die Ou Testament bespreek.

Die boek Spreuke in die Ou Testament maak ook ’n spesiale bydrae tot die gesprek oor die skeppingsverhaal. Prof Rian Venter van die Departement Dogmatologie (UV) het ’n oorsig oor ’n paar teoloë se siening oor geloof en wetenskap gegee.

Die kosmos is groot genoeg vir lewe, het prof Matie Hoffman, van die Departement Fisika verduidelik. Tydens die aandprogram het prof Hoffman almal die geleentheid gebied om die heelal te beleef terwyl hulle na sterre deur een van die Boyden-teleskope kyk. Die ander wetenskaplike wat aan die debat deelgeneem het, was prof Johann du Preez van die Departement Plantwetenskappe.

Hy het uitgebrei op konsepte soos evolusie, ko-evolusie, dateringstegnieke en kenmerke van lewende organismes. Daar was ook geleentheid om na fossiele van duisende jare oud te kyk. Almal was dit eens dat so ’n gesprek tussen wetenskaplikes en teoloë baie insiggewend is.


Kommentaar:

Geloof en Wetenskap
2009/12/03
Kan die outeur van die berig 'n bietjie meer uitbrei oor die inhoudelike van die onderskeie referate of ons verwys na 'n persoon/instansie waar ons die referate en aanbiedings kan bekom?

Ek dink dit is net belangrik dat ons meer gedetailleerde inligting sal kry as daar so 'n gesprek plaasvind wat in Kerkbode gepubliseer word om te bepaal of alle gelowiges se siening van wat "Geloof" behels, betroubaar weergegee is. - James Maré
 
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.