Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 9 September 2010

'Kerk vaar skandalig sleg met eenheid'

STELLENBOSCH. – Die NG Kerkfamilie vaar "skandalig sleg" in sy pogings om eenheid in die kerk te bereik en is in die algemeen nie ernstig genoeg oor eenheid nie.

So het ‘n voormalige moderator van die NG Kerk, dr Coenie Burger, tydens ‘n studentekongres op Stellenbosch gesê.

Studente van al vier teologiese fakulteite in die land, naamlik Stellenbosch, Pretoria, Bloemfontein en Potchefstroom, het die kongres bygewoon wat saamgeval het met die jaarlikse "Vier Nasies-Kweektoer" tussen die vier universiteite.

Dr Burger het tydens een van die sessies gesê die kerk is nie ernstig genoeg oor eenheid nie. Dit is volgens dr Burger ‘n ernstige teologiese fout wat gereformeerde kerke in hulle mondering het.

Die gesloer met kerkeenheid in die NG Kerfamilie is ook in ander gesprekke geopper. Die rektor van die Universiteit van Stellenbosch, prof Russel Botman, het kerkleiers in sy toespraak gewaarsku die stadige pas van hereniging is besig om mense uit die kerk te dryf.

Prof Botman sê die kerk is besig om lidmate te verloor wat steeds daar moes gewees het wanneer die kerke hopelik uiteindelik wel verenig.

Hy het kerkleiers gewaarsku hulle sal nog dink hulle is besig om te herenig dan het die kerk reeds te veel lidmate in die eenheidsproses verloor wat moeg ("fed up") geraak het vir die stadige pas waarmee daar gevorder word.

Baie van die studente het prof Botman se ongeduld met die stadige tempo van hereniging gedeel. "Ons as studente vind dit makliker om die grense oor te steek, maar word teruggehou deur ouers wat uit ‘n ander era kom," het een van die teologiestudente tydens ‘n paneelbespreking aan vier van die NG Kerkfamilie se leiers gesê. - jean@tydskrifte.co.za


Kommentaar:

Kerk vaar skandalig
2009/11/04
Miskien moet die NGK gaan leer by die Gereformeerde Kerk of die AGS ? Hulle het al vergeet dat hul een geword het.

Inderdaad steek die NGK maar sleg af veral na al die galbrakery oor die vrou in die amp by die GKSA.Moenie die fout by die mondering soek nie - gaan kyk na die hart voor Christus en na polities korrekte optrede nie.Word die teologie aanbid of Jesus Christus ? - Rina Roelofse
 
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.