Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 3 September 2010

Teoloë vra om verskoning vir onverdraagsames

KAAPSTAD. – Twee bekende NG teoloë het die wetenskapjoernalis en voorsitter van die Vereniging Skepties Suid-Afrika, prof George Claassen, namens Christene om verskoning gevra vir die kru manier waarop ’n deel van die Christengemeenskap hom persoonlik aangeval het oor sy standpunt teen godsdiensonderrig in skole.

Dr Chris Jones van die Universiteit van Stellenbosch het in die godsdiensprogram Kruis en Dwars op RSG ook aan Kerkbode se nuusredakteur, Jean Oosthuizen, en prop Laurie Gaum om verskoning gevra vir die wyse waarop ’n deel van die Christengemeenskap hulle in die verlede beledig het oor standpunte wat hulle in die media uitgespreek het. Dr James Kirkpatrick, voorsitter van die Algemene Sinode se Kommissie vir Leer en Aktuele Sake, het in die program gesê sulke optrede bring die Christendom in oneer. Hy sê hoewel ’n mens dit kan probeer verstaan, is daar geen verskoning voor nie.

Prof Claassen het tydens die program waarin hy en die ander gaste hulle ervarings met ’n paneel teoloë gedeel het, gesê Christene het hom in die vuilste taal gedreig en geskel oor sy standpunte. Diegene wat hom beledig het, het geensins belanggestel om met hom in gesprek te tree oor die meriete van sy standpunt nie. Dr Claassen is onder meer met geweld en selfs die dood gedreig deur mense wat Bybelversies onderaan hulle dreigboodskappe aan hom geskryf het. Dit was ’n skokkende en onthutsende ervaring, het prof Claassen aan die aanbieder van Kruis en Dwars, Johan van Lill, gesê.

Prof Claassen sê hy het ernstige probleme met die gehalte van Afrikaners se vermoë om te debatteer met sake waaroor hulle nie saamstem nie.

Prop Laurie Gaum, wat ook al die teiken van soortgelyke aanvalle was, het gepleit vir respek as basiese vertrekpunt teenoor mense wat van geloofstandpunt verskil of teenoor mense wat nie glo nie.

Dr Chris Jones van die Kantoor vir Morele Waardes en Leierskap en die Beyers Naudé-sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch, het gesê hy wil graag in groot nederigheid vir die drie persone om verskoning vra dat Christene so liefdeloos en met soveel venyn en ongenaakbaarheid kan optree.

Dr Jones het gesê daar moet egter onthou word daar is ook ander Christene en kerkleiers wat met groot sensitiwiteit optree en ander se standpunte respekteer.

Die moderator van die Volkskerk in Afrika, dr Donald Kats, het hom ten sterkste gedistansieer van die optrede teen mense soos prof Claassen en andere met wie se standpunte hulle nie saamstem nie. Dr Kats sê die kerk het in die verlede dikwels onverdraagsaam opgetree en moet daarom ook skuld dra as mense aggressief en onmenslik optree. Hy sê die kerk behoort die evangelie van liefde te verkondig.

Kommentaar:

Eenkantige verskoning
2009/10/20
Ek stem saam dat sommige christene onbedagsaam kan wees, en dat hulle nie die oorgrote massa christene verteenwoordig nie. Maar ek weet ook hoe veral George Claassen by herhaling met venynige neerhalendheid oor christene gepraat het. Gaan hy ook om verskoning vra? Versoening is iets wat van twee kante af moet kom. - geraldine
 
Onverdraagsaamheid
2009/10/20
Geraldine ek sal baie graag wil hê dat vir my voorbeelde wys waar George Claassen "by herhaling" met venynige neerhalendheid oor Christene gepraat het. Ek weet hy stem nie saam met Christene se manier van glo nie net soos wat ek ook van hom verskil. Ek sal dit waardeer as jy my kan wys waar hy met venyn van Christene gepraat het en hulle op so 'n persoonlike wyse beledig het soos wat sommige van hulle met hom gedoen het. - Rudolph
 
Vermoe om te debatteer
2009/10/22
Ek stem saam met Prof Claassen oor die gehalte van Afrikaners se vermoe om te debatteer. Ek sal dit ook egter wyer wil trek deur te se dat ek vermoed dat heelwat godsdienstige mense [ waarin ek natuurlik ons as Christene insluit] het nie die vermoe om sinvol en waardig te kan debatteer nie.Is die oorlog in die midde-ooste en die kwalifisering/'skep' van sogenaamde terroriste nie 'n sprekende voorbeeld daarvan. Waarskynlik openbaar dit bloot die godsdienstige mens se onsekerheid in die wat hy/sy wel glo, en waartoe baie instaat is om ander of te oortuig of dan veral 'stil te maak',sodat hulle oortuigings tog nie bedreig word nie.

Dit is vir my ook verstommend om, om my waar te neem dat geestelike leiers [ predikante/pastore] juis hierdie swak gehalte van vermoee om te kan debatteer vir hulle volgelinge demostreer op verskeie vlakke.Deur hulle eie kollegas of verdag te maak of hulle uit die 'pad' te probeer kry. As Predikant en christen skaam ek my ook vir die wyse waarop christene Prof Claassen 'benader' het. Dit herinner my aan die kruistogte en die hantering van Deon Maas se skrywe in die Rapport 'n tyd gelede. - Berrie
 
Claassen-tragedie
2009/10/22
Ja Christene mag nooit ander uitskel en beledig nie, selfs al kom die beledigings van die ongelowige kant.

http://www.nstfawards.org.za/claassen.htm :
An interview with Dr George Claassen, first-time winner of the new NSTF Award Category K (Science Communicator over the past five years)
“... So the development of life on earth didn’t take place through a creator God but through millions of years of development of lower species to higher species. It is the basis of biology today.”
...
“It is doing well because there are lots of people out there who don’t believe in all the nonsense we are being told” he says.
-----------------------------------------------------------
Rapport 2009/10/10 :
‘Die wetenskap soek nie die vingerafdrukke van God nie’, rubriek deur Hanlie Retief :
Vroeër vanjaar skryf prof. George Claassen in Rapport hy is geensins skaam om ’n ateïs genoem te word nie, maar hy’s g’n militant.
Vanoggend, hier in die joernalistiekdepartement se Eduardiaanse gebou in Stellenbosch, sê Claassen in sy sagte, ordentlike stem: hy wil nie meer ’n ateïs genoem word nie.
“Moenie dit aan die groot klok hang nie. Noem my eerder ’n sekulêre humanis.”
...
Die persoonlike aanvalle op hom het in 2006 begin, met sy kritiese resensie van Leon Rousseau se boek Die groot avontuur, vertel hy.
Al wat hy gedoen het, was om Rousseau (“?’n leek wat nie sy huiswerk behoorlik gedoen het nie”) se “onsinnighede” uit te wys.
“Ek het nie oor Rousseau iets gesê nie, net oor sy boek,” sê hy weer, ’n pilaar van redelikheid.
In sy resensie het hy ook verwys na Gideon Joubert se Die groot gedagte as ’n “pseudo-wetenskaplike prul”.
“Toe word ek uitgeskel as ’n militante ateïs. Hoe kon hulle? Hulle ken my nie.”
Die herrie oor dié resensie het vanjaar weer vlamgevat, en daarmee saam die beskuldigings dat hy op ’n missie is om Afrikaanse mense te bekeer vir ateïsme.
Hy lag. “Kom ek vertel jou iets persoonliks. My pa is amper 93. ’n Oorwoë Christen. My ma ook, sy’s 90. Ons het nog nooit vasgesit oor godsdiens nie. Hulle’s op hul laaste bene, maar ek probeer hulle nie anders oortuig nie.”
Om die Claassens se etenstafel, vertel hy vol geesdrif, is daar kleintyd oor Darwin en die wetenskap gesels. Oor die kennis wat dit bring, maar ook oor foute wat gemaak is, steeds gemaak word. En dis die krág van die wetenskap, beklemtoon hy: die wetenskap werk met onsekerhede, en erken dit.
Dan vat hy my op ’n wye toer van Die Groot Gedagte, Galileo, regdeur tot die Hubble-teleskoop. Begeesterd soos ’n varsbekeerde gelowige.
...
Glo George Claassen in God?
“Nee, ek is wetenskap-gedrewe. Die wetenskap soek bewyse, spreek hom nie uit oor God nie. Jy kan dit as opskrif vir dié onderhoud gebruik: die wetenskap soek nie die vingerafdrukke van God nie.
“Ek volg die Carl Sagan-benadering, ek hou my opsies oop. Ek sê nie daar is nié ’n God nie, want dáárvoor het ek ook nie bewyse nie.”
Wat het dié oud-diaken só ontgogel van Christenskap?
“In my middel-dertigs het ek stelselmatig besef: daai wêreld werk nie meer vir my nie. Hoe meer ek lees, hoe meer vrae was daar.”
Sy kinders is Sondagskool toe. Hy’t hulle “vrye keuse” gegee. Die jongste, Craig, het onlangs opgewonde laat weet hy’t Dawkins se nuutste boek raakgeloop, vertel sy pa trots.
Hy sit daar en jy sien dieselfde sagte oë, dieselfde stille gedrewenheid as sy oud-Springbokkaptein-broer, Wynand.
...

-----------------------------------------------------------
George Claassen on www.skeptic.co.za :

Oubaas, we have differed about this in the past; I agree with Renier and Dawkins, Hitchens, Harris, Dennett and others that religion is a virus of the mind. It spreads like a virus, infects people’s brains and minds, and, yes, let me be blunt, makes them ill, affecting their judgment to understand what is fact and what is fiction. Just look at Benny Hinn on the stage and the people listening to him; Fred May at Shofar; that silly old man Angus Buchan with his Texan hat; and now Gretha Wiid. Do you seriously want to tell me that they are not infected by a religious virus of the mind?
Also Regard van den Berg with his sweet, sentimental, religious drivelly dripping movies. No wonder Jana Cilliers kicked him under his butt.
Is that such a horrifying observation?

--------------------

Nee wat, Oubaas, ek wys net hoe halfhartig en onvolledig Rousseau se verskoning is. Hy speel steeds die man (Dawkins, ens.)Dinki jy werklik hy het die lig van wetenskap gesien, die sogenaamde “science as a candle in the dark” soos Carl Sagan dit stel? Ek dink nie so nie. Dit is ‘n stap van gerieflikheid hierdie omdat hy so ‘n btotale gek van homself gemaak het.

-----------------------------------------------------------
- Daniël
 
Verskoning reg maar evangelie?
2009/10/22
Ja Christene mag nooit ander uitskel en beledig nie, selfs al kom die beledigings van die ongelowige kant. Maar het die twee bekende teoloë darem toe ook die volle evangelie aan George Claassen en Jean Oosthuizen probeer oordra?

- Pieta
 
Antwoord vir Rudolph
2009/10/23
Geagte Rudolph, Ek is jou ‘n antwoord verskuldig op ‘n billike vraag. Jy vra vir voorbeelde waar George Claassen "by herhaling" met venynige neerhalendheid oor Christene gepraat het. Ongelukkig hou ek nie boek van ander se vergrype nie, maar ek het gereeld Claassen se rubriek Wetenskap Vandag in Die Burger gelees – totdat ek verveeld geraak het met sy oordrewe onverdraagsaamheid teenoor almal wat nie met sy obsessie oor evolusie saamstem nie. Om jou te antwoord, was ek nou verplig om op die Web na voorbeelde te soek. Ongelukkig het Claassen sy blog
http://prometheusongebonde.wordpress.com/ gesluit. Ek vermoed ‘n mens sou daar wel goeie voorbeelde van sy neerbuigende houding teenoor veral christene kon kry. Miskien is daar van die ander lesers wat wel kan getuig dat Claassen nie te verontskuldig is nie.
- Geraldine
 
NIE 'n militante ateïs NIE
2009/11/03
Professor George Claassen het gedreig om skole wat Christelike opvoeding gee, voor die hof te daag.
Maar NEE, beweer hy, hy is NIE 'n militante ateïs NIE.
Uit die Judasbrief blyk duidelik dat ons iemand wat so optree, nie moet terugbeledig nie.
Tog wel eienaardig dat teoloë om verskoning vra teenoor iemand wat so fel gekant is teen Christelike opvoeding (oftewel: die nakom van doopbeloftes!), namens mense wat hulle vererg het oor iets wat kwalik anders beskou kan word as 'n diaboliese aanval op die godsdiensvryheid van Christene. - Hein Bertram
 
Godsdiensvryheid
2009/11/30
Hein.

Prof Claasen kon moontlik wel so stelling gemaak het. Ek moet egter se dat die kanse dat Christene dit as 'n dreigement ervaar moontlik eerder die geval is as wat dit dan 'n dreigement in daad kon wees. Die feit dat jy as Christen dit verder as 'n belediging ervaar spreek ook inderdaad boekdele. Dan die onderwerp van doopbeloftes. Interesant dat die indoktrinasie van 'n kind deur Christene tot die aanhang van 'n geloof met 'n Judasbrief vergelyk kan word. Is die nakoming van die doopbeloftes nie tot reg in lyn met die stelling van jou dat iets namens iemand anders gedoen word nie? Dus die onskuldigheid van 'n kind wat aangeval word deur hom te leer dat iemand namens sy "sondes" gesterf het? Nogal aan 'n kruis op 'n uiters wrede manier. Sou die tyd nie miskien beter gespandeer gewees het om hulle te laat grusame flieks kyk en dan later eerder die fliek te blameer vir agresiewe optrede in plaas van die gru verhale van Christenskap wat homself manifesteer deur iets basies soos doopsbeloftes nie? Dan jou finale stelling dat daar 'n "diaboliese aanval op die godsdiensvryheid van Christene" is. Ek was oortuig dat van die beginsels van Christenskap iets soos Verdraagsaamheid en liefde vir die medemens insluit? Wat sou dan nou van die geword het in terme van die Godsdiensvryheid van ander kinders wat in 'n seker geloof grootgemaak word. Inderdaad staan hulle 'n paar dinge te doen. Een moontlikheid is dat HULLE ouers die verantwoordelikheid aanvaar deur hulle geloof om SELF die navolging en die leer van hulle geloof by hulle te laat posvat en nie staat maak op 'n skool om dit te doen nie. Die tweede moontlikheid is natuurlik dat hulle, hul kinders in skole plaas waar die eksklusiewe geloofsonderrig dan wel plaasvind. Die moontlikhede is dus legio... Dan wonder ek net sou hul miskien soos ander nie die tweede keuse uitoefen nie en saam met jou kinders in 'n klas sit, of hulle geloofsvryheid dannie aangetas sou word of deur hulle aan Christenskap bloot te stel, of hulle nog verder skade te berokken deur hulle te verwyder uit die periode nie. Miskien moet daar dan eerder onderwysers aangestel word met dieselfde geloofsoortuiging as hulle. Maar wag, sou dit nie dan ook manifesteer as 'n "diaboliese aanval op jou kinders se Godsdiensvryheid" deur 'n onderwyser te hê van ander oortuiging nie? Nee wat my maat ek is jammer om jou in te lig dat die basis van jou argument tot op die been korrup is. Christo

- Christo
 
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.