Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Hoop vir haweloses van Voortrekkerstraat

PRETORIA. – Die projek Open Mind het as ’n droom begin om aan mense wat op straat woon, waardigheid te gee. Xenia Swanepoel en ’n groep vriende wou nie net kos en klere aan haweloses gee nie, maar wou egte verhoudings met hulle bou.

“Elke Sondag kom ons in ’n parkie bymekaar en hou saam ’n kerkdiens,” vertel Xenia. Orf Oosthuizen neem gewoonlik die preek waar.

Uit gesprekke met die mense wat op Voortrekkerstraat bly, het die lede van Open Mind besef dat hierdie mense ophou hoop het om uit hulle situasie te kom. Open Mind wil graag aan hierdie mense ’n droom gee. Die doel is nie om haweloses met Bybelversies te bombardeer nie, maar eerder om Jesus se gesindheid te leef.

Open Mind is op praktiese hulp gerig. Vrugte en gekookte aartappels word aan haweloses uitgedeel, want dit het ’n hoë voedingswaarde. Klere van skenkers word gesorteer en op Sondae uitgedeel. Elke tweede week word kos, wat lede van Open Mind uit hulle eie sakke aankoop, uitgedeel.

’n Projek om met prostitute te werk word beplan. “Ons is tans besig om strukture in plek te stel sodat ons hierdie vroue van die straat af kan haal. Prostitusie is dikwels deel van georganiseerde misdaad en mensehandel; dit is kompleks om prostitute te help om ’n ander lewe te lei,” sê Xenia.

Vir meer inligting, besoek www.openminder.org
francine@tydskrifte.co.za

 


Kommentaar:

Cool
2009/10/06
Baie geluk ouens!!! - Mart-Marie
 
Open Mind
2009/10/06
Xenia is my kleinsus en ek wil net sê hoe trots ons as familie op haar en haar maats is wat hierdie organisasie begin het. Die Here werk waarlik op wonderlike maniere en hier gebruik Hy 'n groep jong mense wat nog "oemf" het, wonderlik julle ouens en alle seën word julle toegebid! - Norah
 
Open Mind
2009/10/13
Julle doen great ! Bly net Jesus afsmeer. - Chris Zietsman
 
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.