Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Nou moet ons op medemenslikheid fokus

KRUGERSDORP. – Die Nuwe Hart-stigting wil graag moraliteit, norme en waardes help herstel in die Suid-Afrikaanse samelewing. Skole, kerke, ondernemings, die media en die owerheid gaan in die veldtog betrek word.
Met Esegiël 36:26 as vertrekpunt, “Ek sal vir julle nuwe harte gee”, sê die Stigting dat nuwe harte eerlik is, omgee, verantwoordelik is en selfbeheersing toepas. “Die reaksie op die veldtog oor eerlikheid was oorweldigend,” sê ds Jannie Pelser. Die volgende veldtog sal op medemenslikheid fokus.

Die Nuwe Hart-stigting poog om in plaaslike gemeenskappe komitees te vestig wat op moraliteit fokus. Verskeie sulke groepe is al gevorm. Dit is ’n lang proses wat baie persoonlike kontak en motivering vereis.

In Mogale City (Krugersdorp) het dit gelei tot ’n beweging wat bekend staan as Transformasie SA Mogale City. Klem word onder meer op gesondheid, opvoeding en welsyn gelê. ’n Ekspo word eersdaags aangebied, waar alle rolspelers in Mogale City betrokke sal wees. Sogenaamde Kids’ Games en ’n groot Evangeliese uitreik in die omgewing word beplan vir later vanjaar.
In Randfontein het die burgemeester sy hele raad aan die vier strategiese waardes verbind.

Die Stigting doen ’n beroep op gemeentes regoor Suid-Afrika om op Sondag, 20 September, oor omgee te gesels. Nie net die gewaardeerde “67 minute van Madiba” nie, maar ’n lewenswyse van omgee.

Die publikasies is gratis en ook elektronies beskikbaar by www.kryjounuwehartdag.com. Tans word meer as dertig duisend kopieë landwyd versprei. Die Stigting het ook bande met Jerigo Mure, Transformasie Afrika en Global Day of Prayer, Unashamedly Ethical en Heartlines.


Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.