Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Torings van Hoop maak stad skoon

BLOEMFONTEIN. – Die Torings van Hoop-projek het op Sondag, 30 Augustus 2009, Hoffmanplein skoongemaak as openbare getuienis van God se liefde.

“Ons stad, Bloemfontein, behoort aan God! Ons is hier om daarvan te getuig en om as sy kinders te kom dien,” was die woorde van meer as 300 Christene van ’n wye verskeidenheid kerke en organisasies.

Volgens ds De la Harpe le Roux van die Torings van Hoop-projek het Christene hulle moue opgerol en op Sondagmiddag die historiese Hoffmanplein en omringende strate in die Bloemfonteinse middestad gaan skoonmaak. Daar het ’n byna feestelike atmosfeer geheers toe wit- en swartmense van verskeie NGK, VGKSA en NGKA gemeentes help rommel optel het.

Metodiste, Anglikane, kinders van die straatkinderskuiling, lede van die SAPD en SANW (1 Spesiale Diensbataljon) het ook die daad by die woord gesit en prakties gewys dat geloof kan werk. 

Ofskoon dit nie die plesierigste werk was nie, was almal dit eens dat hiérdie tweede skoonmaak-aksie (die eerste was op Saterdag, 23 Mei 2009) waarlik ook ’n “erediens” was – dienswerk tot eer van die Here.
francine@tydskrifte.co.za


Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.