Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

WGGK se karakter en werkwyse moet voorkeur kry

Dr  Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, wat ook tot die Uitvoerende Raad van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke verkies is, meen dat die nuwe liggaam voor baie uitdagings staan.

Die belangrikste is dat dit ’n nuwe liggaam is wat sy eie karakter moet kry.
“En dan is dit ’n karakter of gestalte wat op goeie gereformeerde teologie gevestig moet wees. Veral by lede van die ou Gereformeerde Ekumeniese Raad is daar hoë verwagtinge hieroor.

“Ek dink die nuwe organisasie sal ’n fyn balans moet hou tussen eenheid en geregtigheid. Van alle kante af sal hy fyn dopgehou word dat daar nie na die een kant toe oor gekantel word nie.

“Die ander uitdaging is die werkmetode wat die organisasie moet volg. Daar is reeds besluit om ’n strategiese beplanningskommissie aan te wys wat die werkswyse moet uitklaar. Dit is deurslaggewend dat die organisasie goed moet funksioneer.”
anton@tydskrifte.co.za


Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.