Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 23 Februarie 2012

Liewer 'n Google-kerk as 'n 'musical chairs'-kerk

Nelus Niemandt

Ek onthou nog hoe ons in die laerskool tydens die musiekperiodes musical chairs gespeel het. Dit werk so: Die kinders sit in ’n sirkel, elkeen op sy eie stoel. Daar is een stoel te min. Sodra die musiek begin speel, dans almal rondom die sirkel stoele totdat die musiek skielik ophou. Elkeen moet dadelik ’n stoel in die hande kry. Die kind wat nie ’n stoel kry nie, val uit. Dan begin die speletjie van voor af, met nog ’n stoel minder. Weer val ’n kind uit. So gaan dit aan todat daar net ’n wenner oor is. Die probleem met die speletjie is dat almal op die ou end verloor. Wanneer die musiek finaal ophou speel, is daar net een kind op ’n stoel oor – en dit kan nie lekker wees nie.

Ons het vasgevang geraak in ’n kerklike spel van musical chairs waar lidmate van gemeente tot gemeente dans. Elke gemeente probeer harder as die ander om gelowiges te kry om eredienste by te woon en in te skakel ten koste van ander. Die probleem is dat almal op die ou end verloor. ’n Groter probleem is dat hierdie soort kerkwees nie daarin slaag om mense van buite die kerk in te nooi om nuut te word en deur die Gees van God verander te word nie. Die heel grootste probleem is dat dit in die hande speel van ’n oorweldigende verbruikerskultuur. Die kerk het nie die meesleurende krag van hierdie kultuur vrygespring nie. Mense sien die kerk as die verskaffer van godsdienstige produkte en soek orals rond na dit wat die beste in hulle behoeftes voorsien. Die gevaar is om ’n verbruikerskerk te word vir ’n selfsugtige verbruikerskultuur.

Dalk moet ons eerder ’n Google-kerk word! Google is ’n internet-maatskappy wat op die beginsel werk dat hulle mense wegstuur van hulle webbladsy af. Jy begin by Google, maar eindig in die res van die wêreld! Google werk met die benadering dat jy nie mense kan beheer nie, maar moet bemagtig en hulle toelaat om hulle eie ervarings te skep.

’n Google-kerk stuur sy lidmate die wêreld in. Dit bestaan ter wille van die beweging van God na die wêreld toe. Dit sê iets van die wese van die kerk – naamlik dat die kerk altyd op die wêreld gerig moet wees. Die kerk bestaan nie ter wille van homself nie.

Daar is ’n sterk gesprek oor die missionale kerk aan die gang, ook in die NG Kerk. ’n Google-kerk is dalk ’n goeie metafoor vir ’n missionale kerk. ’n Missionale kerk neem deel aan God se werk in die wêreld. Dit gee uitdrukking aan die goeie nuus van God se liefde in die alledaagse lewe en oral waar mense hulle bevind. Dit bemagtig mense om God se bedeling in die alledaagse lewe na te jaag. Dit is nie soos musical chairs, waar almal op die ou end verloor nie. Dit is eerder ’n beweging wat na buite uitreik en al meer en meer mense (en die ganse skepping) innooi om in pas met God te lewe en te dans. Die ou kerkvaders het letterlik gepraat van perichoresis, ’n Goddelike dans waar alles in pas saam met die drie-enige God lewe.

Daar is al meer en meer kerke wat die stoele van musical chairs wegpak en saam in God se beweging dans. Hulle word deel van ’n massiewe omwenteling in die manier hoe die kerk leef. Dit gaan ten diepste oor ’n beweging waar die teenwoordige God die hart van die gemeentelewe is en waar God die rigting en werk van die gemeente bepaal.

- Prof Nelus Niemandt was voorsitter van die jongste Algemene Sinode van die NG Kerk.

 
Nagedink Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.