Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

10 vrae aan ... Jannie Pelser

Jannie Pelser is bekend as ’n dominee wat soms “buite die boks” dink en doen. Frits Gaum het met hom oor sy besoek aan Hollywood om met rolprentbase oor die misbruik van God se Naam te praat en ook sy “Nuwe Hart”-inisiatief gesels. 

1) Wie is Jannie Pelser?
Sjoe, dit neem mos ’n leeftyd om ’n antwoord op só ’n vraag te formuleer. Aan die een kant is ek ’n begenadigde en diep bewus van die Here se omvattende liefde en sorg vir my. Dit is onder andere daarin geleë dat ek as medeleraar in ’n wonderlike gemeente, die  NG Gemeente Rant-en-Dal, dien. Ek is aan die ander kant ook bevoorreg om ’n pragtige gesin te hê: vier gesonde kinders (ook twee skoonkinders) en ’n lieflike vrou (ek noem haar my engel). Ek is dankbaar vir die verskeidenheid gawes waarmee die Here my vertrou.
 
2) Toe Meryl Streep die Golden Globe-toekenning in Januarie vir haar vertolking van Margaret Thatcher in The Iron Lady ontvang het (haar agtste Golden Globe!), was haar eerste woorde op die verhoog: “Oh, my God!” Dié woorde was waarskynlik nie as ’n gebed bedoel nie, dit was eerder stopwoorde ... soos in so baie flieks. Hierdie verskynsel het jou so erg gepla dat jy ’n jaar of wat gelede Hollywood toe gegaan het om met van die fliekmakers daaroor te praat. Wat was hulle reaksie? 
Ek was baie naïef en onvoorbereid vir wat ek in Holly­wood sou aantref. In my eenvoud het ek gedink ek gaan by iemand se deur instap en die saak teen die misbruik van die Here se Naam bepleit. Hollywood is egter ’n stad en ’n bedryf met duisende rolspelers. Daarbenewens daag niemand net op en ’n onderhoud word toegestaan nie. Tog het ons (my vrou en my broer en sy vrou was saam) met verskeie mense gesels wat dieselfde saak op die hart dra. Ons was bevoorreg om saam met die bekende Larry Poland en dr Ted Baehr te kuier en raad te kry oor die pad vorentoe. Ander het ons gehelp om strategiese mense se besonderhede in die hande te kry. Ons het ook ’n boek met kontakbesonderhede van akteurs, draaiboekskrywers, regisseurs, resensente en filmmakers bekom (dit is in die handel daar beskikbaar en so omvattend soos ’n telefoongids). Daarmee “gewapen”, het ons onder die naam van die Jesus-projek tienduisende omsendbriewe, biljette, poskaarte en inligtingstukke na Hollywood gestuur om die saak namens Christene wêreldwyd te stel. Ek kan met redelike sekerheid sê dat daar min mense in die bedryf daar is wat nie kennis geneem het dat hierdie saak vir baie kinders van die Here, dan ten minste in Suid-Afrika, erns was en is nie.
 
3) Stem jy saam dat die Engelse uitdrukking “Oh, my God” “sagter” klink as wanneer iemand dit in Afrikaans sê?  
Ek dink dit is onaanvaarbaar, ongeag in watter taal dié uitdrukking ook al misbruik word. Maar ja, die g-konsonant is in Afrikaans ’n harde klank en klink in hierdie verband baie erg. 
 
4) As ons gemaan word om nie die Naam van die Here ons God te misbruik nie (Eks 20:7), word veral die Naam “Jahwe” (in Afrikaans “Here”, in Engels “Lord”) bedoel. Of hoe?  
“Ek is die Here jou God ...” staan dit in Eksodus 20:2. Die Here is God en God is die Here. Dié woorde hoort saam. Daarom lees ons ook in Eksodus 20:7: “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie.” Om die woorde “God” en “Here” te misbruik, saam met of los van mekaar, is verkeerd. 
 
5) Wanneer, meen jy, misbruik mense die naam van die Here?
Dit is kru om enigiemand se naam te gebruik en hom of haar dan te ignoreer. Des te meer as God se Naam sommer ongeërg gebruik word. Ek glo die hemel luister wanneer iemand die Here se Naam op sy lippe neem. Om dan doodgewoon voort te gaan asof niks gebeur het nie, is siek. Maar ek dink as Christene sonder integriteit lewe en daardeur eintlik ’n bespotting van Christenskap maak, is hulle ook besig om die Naam van die Here in oneer te bring. Hulle léwe kom dan in werklikheid neer op ’n misbruik van die Here se Naam.
 
6) Meen jy die “funksionele” misbruik van die naam van die Here in ’n roman, teaterstuk of film kan geregverdig word – wanneer dit deel is van die uitbeelding van die betrokke karakter – of kom dit op dieselfde neer as die nie-funksionele, stopwoord-gebruik daarvan?
Die konteks waarin woorde gebruik word, is uiteraard belangrik en die kunste is ’n soort op sy eie. Wanneer ’n tsoenami by wyse van spreke oor jou breek, roep alles binne-in jou na God, waarskynlik selfs in die geval van sogenaamde ongelowiges. Om dan “O, my God” te roep, kan niks anders as ’n gebed wees nie. Maar om (verskoon die blatante voorbeeld) ’n losbandige orgasmiese ervaring met herhaalde uitroepe na God te beklemtoon, is brutaal. Dit en soortgelyke situasies kom meermale in romans, die teater, televisie en films voor. Ek dink nie ’n mens moet in ernstige kuns rigied en voorskriftelik probeer wees nie. Elke geval sal op sy eie meriete beoordeel moet word. Maar dat daar perke is, is vir my ook duidelik.  
 
7) Waarom, dink jy, is Christene blykbaar meer toegeeflik oor die misbruik van God se naam as byvoorbeeld Moslems?
Christene het ’n ander “styl” van protesteer. God kan ook vir sy eie eer opkom. Ons hoef Hom nie te “beskerm” nie. Maar dit beteken nie dat ons nie moet praat as daar dinge is wat verkeerd is nie. Soms is ons dalk net te gelate oor die dinge wat vir ons waardevol en belangrik is. Gelukkig vind ek dat gelowiges al hoe meer opstaan vir hulle oortuigings. Ons het immers dieselfde “koopkrag” as ander mense.

8) Jy het jou uiterste bes gedoen om fliekmakers hier en oorsee te oorreed om nie die Naam van die Here in hulle produksies te misbruik nie, en het fliekgangers selfs gevra om flieks te boikot waar dit wel gebeur. Beywer jy jou nog vir hierdie saak? 
’n Mens groei met die tyd en strategieë en metodes verander ook. Die media beskou ’n mens se pogings ook net vir ’n sekere tyd as relevant en nuuswaardig, daarna skuif ’n saak op die agtergrond. Ek en andere is deesdae met die “Nuwe Hart”-inisiatief besig. Daarmee wil ons aandag gee aan moraliteit in die Suid-Afrikaanse konteks. Ons samelewing het in dié verband ernstige uitdagings. Die Nuwe Hart-publikasie verskyn twee of drie keer per jaar en wil gesprekke, besprekings en boodskappe oor moraliteit in skole, kerke, sakeondernemings, die media en selfs die owerheidsektor help fasiliteer deur bruikbare inligting te verskaf. In die verlede het ons al oor eerlikheid, medemenslikheid, selfbeheersing, verantwoordelikheid en hoop gesels. Ons fokus is tans die belangrike saak van integriteit, en gemeentes word gevra om op Sondag, 22 April, hieroor te gesels.
 
9) Fliek jy en jou gesin soms? 
Ons is mal oor fliek, maar probeer konsekwent in ooreenstemming met ons oortuigings te kyk (of nie te kyk nie).
 
10) Daar word deesdae heelwat Afrikaanse speel­films vervaardig. Het jy ’n mening oor die gehalte daarvan?  
Ek is toenemend opgewonde dat ons platvloersheid en somtyds smaaklose humor ontgroei en dat van ons produksies hulle plek kan inneem naas dié van wêreldgehalte.

 
Fliekresensie Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.