Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012
 

Malindy soek nog nuwe velde

Daar word dikwels verwys na die vrou agter ’n suksesvolle man. Maar in die geval van dr Beyers Naudé was daar twee vroue. CHRISTINA LANDMAN het namens Kerkbode die minder bekende van hierdie twee gaan opsoek, en die kuier wou nie ophou nie.

Sy sit uiteindelik voor my. Malindy in haar bont rok en gesellige huisie in sonnige Soweto. Op ’n Sondagmiddag. En dit nadat ek Diepsloot se strate nog dieper uitgesukkel het. Wat ’n gesoek! Maar as Malindy begin praat, skyn die son weer.

Malindy Myeza is die vrou wat in die 1960’s saam met dr Beyers Naudé van NG gemeente tot NG gemeente gery het om die lot van swartmense onder hulle aandag te bring. Niks oor beleid en skuld en teologiese regverdiging en ongeregtigheid en sulke goed nie. Net die verhale van mense wat elke dag nie soos mense mag gelewe het nie.

Malindy het die mense in die NG Kerk vertel van ’n dag in die lewe van ’n huiswerker. Sy staan vieruur op. Die kinders slaap nog. Hemel weet wanneer sy tyd kry om swanger te word, want sy sal vanaand eers nege-uur tuis wees, en dan moet sy die gesin se klere was en kos maak vir die kinders om môre te eet, want hulle slaap al. Maar nou loop die trein nie, dié is gebrand, en die taxi’s is vol en duur. Kom sy laat by die werk, gaan mevrou haar berispe en waarsku. En wanneer sy vanaand huis toe gaan, sal mevrou tel of al die eiers nog in die yskas is.

Ja, dit is te danke aan vroue soos Malindy dat ons moes ophou dink dat vroue wat in die kombuis werk, dom en steeks en stelerig is. By die huis was en is hierdie vroue leiers in die gemeenskap – president van die kerk se vrouevereniging, voorsitter van die gemeenskapsforum, vooraan teen misdaad en dwelms.

Malindy praat oor Beyers Naudé. Sy het hom nooit baas genoem nie. Dit sou hom knak. Sy was daardie dae nog ’n jong vrou met baie lewe in haar lyf. Met ’n mond wat vir niks verkeerd gestaan het nie. Sy moes na Beyers omsien. Sy vrou Ilsé het haar goed ingelig oor wat Beyers mog eet of nie. Ilsé het vir hulle kos ingepak vir hulle reise, broodjies so netjies opmekaar, en gemerk vir elke ete. Ilsé was mos ’n nooi van Duitse afkoms, daar uit Genadendal. En Malindy moes ook nog kyk dat Beyers geen “fish ’n chips” eet nie, want daarvoor was hy baie lief.

Beyers, vertel Malindy, was altyd die eerste een wat begin huil het wanneer hy arm mense sien. Mense wat honger is. Regtig, wat ’n ding was dit nie om saam met hom te reis nie, en nie net na die NG gemeentes toe nie, maar ook die Afrika Onafhanklike Kerke. En so het Malindy, op Beyers se aanbeveling, voorsitster van WAIC (Women’s African Independent Churches) geword. Oeg, en sy het nog in lyste ander groot organisasies ook gedien, en die vroue gelei na die land van melk en heuning en menswaardigheid. Teen haar huis se mure is daar nie eens plek vir ’n fraksie van die pak toekennings wat sy al ontvang het nie. Sy het die Orde van Baobab ontvang van president Mbeki, en ereburgerskap van die stad Richmond in Kalifornië in die VSA. Van kerke, van regerings, van organisasies is daar talle liefdevolle eerbewyse.

Maar waarvoor is al die toekennings? Omdat sy vroue bemagtig het in die kerk en in die samelewing. Maar veral is sy beloon vir wat sy met geletterdheid gedoen het. Sy het kinders, mans en vroue leer skryf. In Soweto, op die platteland, in die skole, by die werk. Sy het sommer ’n Zulu-handboek aanmekaargeflans vir wit skole, en ook Afrikaans in swart skole gegee.

Malindy is ’n nooi uit Sophiatown. Uit ’n goeie kerklike familie. Haar oupa, John Dube, was ’n stigter van die Kongregasionalistiese Kerk. Sy was in Kwa­Zulu-Natal op skool en kollege. Toe sy terugkom, was Sophiatown weg, met die grond gelyk gemaak. Sy het toe op Charles Town buite Volksrust gaan skoolhou ... en Latyn gegee. En van daar af, nouja, het sy met baie bemagtigingsgroepe gewerk; ook saam met groot name. Skoolgehou in Mamelodi saam met Mandla Makhanya, wat nou die rektor van Unisa is. En dan, natuurlik, die lekker saamwerk en -reis saam met Beyers Naudé toe hy by die Christelike Instituut gewerk het.

Die mans was bang vir haar, sê sy. Sy was te besig want sy het nie net al hierdie hoë-profiel-goed gedoen nie. Sy het die voetsole van die gemeenskap uitgetrap. Sy het kore afgerig, jeuggroepe gelei ... en toe die jong meisies in Krugersdorp ná die 1976 Soweto-onluste aangehou is, het sy soontoe getaxi om vir hulle kos en klere te neem. Nee, sy was nie gewild by die polisie nie, maar sy het aangehou, want “Aanhou” is haar middelnaam.

Malindy is nou 76 jaar oud. Om ’n onderhoud met haar te doen, maak jou uitasem van probeer byhou met die skryf. Toe ek loop, vra sy: Is daar nie ’n kursus by Unisa waarvoor sy kan inskryf nie? Ek beduie vir haar ’n paar opsies. Twee daarvan staan haar aan. Sy gaan beslis inskryf.

Sy kan nie hier sit en vergaan nie, sê sy. Daar is nog so baie wat sy moet leer, dat sy nog baie dinge kan doen. Nuwe dinge, sê sy, terwyl sy twee afskeidsoene van my kollega kry, en aandring op ’n derde en vierde.

- Prof Christina Landman is direkteur van navorsing by die Navorsingsinstituut vir Teologie en Godsdiens by Unisa.

  

M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.