Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 23 Februarie 2012

Die dinge van die Here

Gert Duursema

“Ek is so gefrustreerd!” sê ’n kommissielid vir my. “Ons sit en praat hier oor geboue en lugversorging en goeters en ek wil eintlik besig wees met die dinge van die Here.”

Ja, wanneer ons in kerkvergaderings oor dié dinge praat en dit maak nie vir ons sin as ten volle deel van “die dinge van die Here nie”, is ons op die verkeerde plek. Maar dit is slegs die een kant van die munt.

Die NG Kerk in Noord-Kaapland het ’n hele aantal geboue, soos kinderhuise, kantore en ’n oornaghuis vir lidmate wie se geliefdes in Kimberley in die hospitaal is.

Ons het besluit om al dié eiendomme in ’n maatskappy saam te voeg met die veelseggende naam: NGK-NK Tuistes. Die naam sê die NG Kerk in die Noord-Kaapland wil hê sy geboue, selfs sy kantore, moet tuistes wees.
Nou beoog óns maatskappy om van die bestaande geboue op die terrein van die Kestell-Kinderhuis in ’n buro te ontwikkel. Die sinodale en NG Welsyn se kantore word reeds daar gehuisves. Ons wil ook die ou oornaghuis (wat baie herstelwerk en aandag nodig het) verkoop en soortgelyke geriewe by die Kestell-Kinderhuis inrig. Daar sal slaapplek vir minstens 36 mense wees: 14 enkelkamers (twee daarvan vir gestremdes), vier dubbelkamers, vier luukse gastekamers en ’n gesinswoonstel met twee slaapkamers. Daarbenewens gaan daar twee konferensiekamers en twee raadsale ingerig word vir byvoorbeeld die vergaderings van sinodale kommissies.

Ons droom om eendag een van die lokale in te rig as ’n multi-mediasentrum waar ons met ons mense elektronies kan skakel én ons mense kan inskakel by teologiese sentra – sommer met enige plek ter wêreld – wat ons kan help met ons kerkwees.

Waarom doen ons hierdie dinge?
Daar is verskeie redes. Die eerste is: Ons doen dit allereers vir ons kerk se mense. Een voorbeeld sal ons oogmerk illustreer. Williston in die suidwestelike deel van die Noord-Kaap is 735 km van Kimberley af (dit is nou teerpad langs – die grondpad, so verneem ek, is net vir iets met ysterwiele!). Om Kimberley toe te reis vir kerkwerk, is ’n dagreis ver. En nog ’n dagreis terug. Ons wil vir die afgevaardigde sê: “Kom hierheen, en bring sommer jou vrou saam dat sy in die winkels kan gaan rondloop met jou kredietkaart.” Vir hulle rig ons die dubbelkamers in. Só skep ons ’n tuiste vir ons mense.

Maar ons kan die geriewe ook verhuur. En dié inkomste vir die instandhouding van die geboue gebruik.

Ons wil ook die Here se skepping in die proses in ag neem. Ons wil “groen” bou – nét storte om sodoende water te spaar en “groen” warmwaterstelsels om krag te spaar.

Wie sê ons kan nie saam na die Woord luister oor hoe die Here wil hê ons moet bou nie? Of hoe om sy rentmeesters te wees nie?

- Ds Gert Duursema is leraar van die NG Gemeente Kimberley-Betel.

 
Kommentaar
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
 
Op die Kerkstoep Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.