Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Skoolsisteem het dringende ingryp nodig

As die skole blom, blom die land. As skole verlep en uitmekaar val, dan verlep die land en val uitmekaar. Die verband is so duidelik soos daglig.
Daarom behoort die skoolsisteem die regering van die dag se eerste prioriteit te wees.

Wanneer ’n samelewing uit behoorlik opgevoede en toegeruste burgers bestaan, het niemand meer nodig om deur misdaad aan die lewe te bly nie. Opgeleide mense maak ’n groot bydrae tot die ekonomie en die ontwikkeling van die land. ’n Land van selfstandigheid en kunstigheid. Waarin ons goed lewe. Want ons kan. Want ons het geleer hoe.

’n Verlepte land, waar onderwys uitgetoiing het, ervaar meer misdaad, meer armoede, meer verlies aan kundige mense, meer bedelary. Dit word ’n land wat net oorleef, wat kla en wat geen selftrots meer het nie.

Die tekens is daar dat ons onderwys-sisteem vinnig verlep. Matriekresultate word by die jaar swakker. Daar is kommer oor die standaard van die kurrikulum. Ingryping is nodig, en dit moet vinnig en op groot skaal plaasvind.
Wat alles gedoen moet word weet ek nie, maar myns insiens is minstens die volgende sake noodsaaklik:

Daar sal ’n houdingverandering by baie onderwysers moet plaasvind. Tradisioneel was meester of meneer ’n inspireerder, ’n life coach, ’n vriend. Dit was sy trots om kinders basiese vaardighede aan te leer en om hulle toegerus na die volgende vlak te stuur. Baie leerkragte het nie meer daardie gesindheid nie.
Onderwys moet as ’n gesogte beroep gesien word en die beste mense moet daarheen gelok word. Dit beteken beter vergoeding en beter werksomstandighede. Swak onderwysers moet uit die sisteem geneem word.

Dit is bekend dat onderwys in onderontwikkelde en arm omgewings die meeste sukkel. Die kinders wat daar moet leef, verdien dit nie. Dit is tyd dat politieke vooroordele gelos word en dat goeie en ervare onderwysers uit tradisioneel suksesvolle skole daar gebruik word.

 

Kommentaar:

Geagte Redakteur
2010/01/28

Ons sien daagliks rondom ons dat daar groot skuiwe in die samelewing se moraliteit plaasgevind het. Die vraag is nie óf dit gebeur nie, die vraag is eerder hoekom dit gebeur? Etiese vraagstukke is egter nie die primêre problematiek nie, dis ‘n sekondêre saak. Die kernvraag is eerder dié van Skrifgesag. Die Skrif sê: “Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk; dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou.” (Spr. 29:18) en “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis” (Hos. 4:6) Die Kerk is nie ‘n demokratiese instelling, waar die wil van die meerderheid “beleid” bepaal nie. Maar dit is presies waar die knoop lê; die NG Kerk sal as ‘n saak van groot dringendheid sy eie besluite van 2002 in heroorweging moet neem. Indien die kerk volhard op die pad wat daar ingeslaan is betreffende Skrifgesag, gaan die kerk net onverpoos voort om sy eie graf te grawe. Miskien het ‘n nuwe Seisoen van luister nodig geword; ‘n seisoen van luister na wat God in Sy Woord vir ons sê. As die Bybel nie meer vir ons die geïnspireerde, gesaghebbende Woord van God is nie, kan ons maar die deure toemaak. Om al hoe meer soos die wêreld te word, is nie die oplossing nie. Dan sal ons kerk al hoe meer word soos dié in Europa.
- Albert Conradie
 
Skoolstelsel
2010/03/29
Dankie Albert Conradie, jy is 100 % in die kol. Pragtig gestel en ongelukkig so waar.! - Jan Buter
 
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.