Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 9 September 2010

Sportlui moet uitsprake liefs temper

Dit is gevaarlik om aan mense se helde te vat. En nog gevaarliker om vir sportmanne te vra om hulle geloofsuitsprake te temper. Jy kan mos nie iemand keer wat wil getuig nie? Dit is ook nie die bedoeling van die artikel nie.
Maar na die Joost-debakel wil Kerkbode tog vra of sportmanne nie twee keer wil dink voordat hulle die geloofsbaniere uitruk nie. Dit geld nie vir almal nie, maar sommige sportlui se geloofsuitsprake is dikwels ’n verleentheid vir medegelowiges.

Dit het begin met wyle Hansie wat die duiwel die skuld wou gee vir dit wat in sy lewe verkeerd geloop het. En nou weer Joost wat beweer die duiwel hou nie van ’n Joost wat dinge wil regmaak nie. En tussen-in was daar Jaco van der Westhuyzen wat na ’n Curriebeker-oorwinning met sy versteekte T-hemp gesuggereer het dat God aan hulle kant was.

Dit is doodgewoon onverantwoordelik om God te betrek by jou prestasies. Of die duiwel aan te wys as die oorsaak van jou mislukkings. Ons het nie met ’n God te doen wat kant kies in sport nie. Wat een mens of span help om te presteer en nie die ander een nie. As die duiwel dan die aanstigter van ons dade is, hoef ek mos nooit weer verantwoordelikheid te neem vir dit wat ek gedoen het nie?

Die beste getuienis wat ’n gelowige kan bied, is om die waardes wat God vir jou gegee het, uit te leef. God is diep in ons teenwoordig. En sy teenwoordigheid kom te voorskyn in wat ons doen. In die egtheid en getrouheid van ons verhoudinge. In die eerlikheid as ons besigheid doen. In ons integriteit as ons alleen is. Sonder spraak, sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem, tog gaan daarvan ’n boodskap uit ...

 

Kommentaar:

-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.