Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

Quo Vadis - gereformeerdes?

Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) het onlangs sinode gehou op Potchefstroom. JEAN OOSTHUIZEN het met twee GKSA-lidmate wat aan twee van die land se universiteite verbonde is, in hulle privaathoedanigheid oor die afgelope sinode en die debatte wat tans in die GKSA gevoer word, gesels. Die twee deelnemers aan die gesprek is prof Theuns Eloff en prof Gerrie Snyman.

Wat is die relevansie van die Gereformeerde Kerke in SA in die jaar 2012, gegewe al die binnegevegte in die kerk?

Theuns: Die GKSA bestaan en het lidmate – dit alleen maak dit relevant omdat elkeen van daardie lidmate (en ten minste sommige gemeentes) hulle roeping as Suid-Afrikaners ernstig en toegewyd (moet) uitleef. Ek dink die feit dat die GKSA se getalle kwyn, het ’n negatiewe invloed op die impak van die kerkverband. Maar binnegevegte maak nie ’n kerk (of enige organisasie) irrelevant nie (anders het ons ’n irrelevante regering!).

Gerrie: ’n Sinode is vir die ingewydes en hoewel die besluite lidmate se verhouding met die wêreld raak, lê die tersaaklikheid van die GKSA in die individuele gemeentes se rol in die gemeenskap waarin hulle funksioneer. Maar ’n sinode kan die kerke se geloofwaardigheid ’n ernstige knou gee, soos blyk uit die uitsprake oor die NG Kerk, die breek van bande met Sinode Soutpansberg en die onvermoë om die “vrou uit die amp” op die agenda te hou.

Daar is tydens die sinode onder meer besluite geneem oor die sing van bykomende liedere tydens eredienste, maar die brandende vraagstuk oor die vrou in die amp is nie bespreek nie. Hoe voel julle daaroor?

Theuns: Ek verwelkom die besluite oor die liedere – dit was lankal nodig. Die sinode het besluit om ’n aantal ander sake (onder meer die vrou in die amp) nie hierdie keer ter tafel te neem nie, hoewel dit by die laaste paar sinodes gedien het. Ek verneem van ingeligtes dat die hoofrede hiervoor nie die inhoud daarvan was nie, maar die vrees vir skeuring. Dit is jammer, want dit is myns insiens tyd dat vroue hulle rol volledig in die GKSA moet kan speel.

Gerrie: Na buite klink die probleem wat ’n lied soos “Stille Nag” opgelewer het, byna belaglik, maar binne die groep waar woorde letterlik opgeneem word en waar daar ’n baie duidelike teïstiese beeld van die goddelike is, skep enkele versreëls oneindige probleme. Teologies is dit ook die rede hoekom die vrou nie in die amp kan wees nie, want die GKSA stuit voor enkele woorde wat letterlik opgeneem word sonder om konteks van enige aard in ag te neem.

Ondanks die GKSA se besluit om uit te reik en missionêr te leef, het die sinode geweier om ’n bilaterale memorandum van ooreenkoms met die NG Kerk goed te keur. Berigte uit die GKSA se sinode lui dat daar vrees was vir dwaalleer wat hierdeur kan insluip. Die NG Kerk ervaar dit as ’n klap in die gesig. Hoe belangrik is samewerking tussen die GKSA en hulle twee susterkerke?

Theuns: Soos die NG Kerk, is daar ’n kontinuum van sienings oor aktuele en kontensieuse sake in die GKSA. Soos wat deur twee professore van die Teologiese Skool in briewe aan die media uitgewys is, was dit ’n prosedurele fout om die memorandum van ooreenkoms met die NG Kerk nie eers na ’n kommissie te verwys nie. Daar is onder tydsdruk daaroor gestem, en ’n verkeerde besluit is myns insiens geneem. Wanneer ’n mens na die essensie van die memorandum kyk, was dit hoogs konstruktief en vordering na groter eenheid. Sake soos samewerking om lidmate in die buiteland te bedien, gesamentlike bediening in die platteland en gesamentlike openbare getuienis (soos ’n gedeelde parlementêre lessenaar) is daarin vervat. My kort kommentaar is dat dit kortsigtig van die sinode was om die saak so te hanteer en ’n mens kan maar net hoop dat die skade wat aangerig is, deur voortgesette gesprek op nasionale en respek op plaaslike vlak herstel kan word.

Gerrie:  Die GKSA het duidelik nog ’n ent om te stap as hulle missionêr wil wees. ’n Mens moenie die stamverbondenheid in die GKSA onderskat nie, en daarmee saam die vrees vir kontaminasie van buite nes Israel van ouds. Predikante op voetsoolvlak gaan hulle van hierdie besluit distansieer omdat daar goeie verhoudings met die ander twee kerke is, waarsonder die drie kerke in sommige gebiede nie kan klaarkom nie! Hierdie besluit moet egter ook saamgelees word met die breek van die bande met Sinode Soutpansberg met wie daar geen funksionele of strukturele eenheid oor is nie. Hierdie breukspul is die gevolg van die kerke se onvermoë om met die apartheidverlede te worstel en om van paternalisme weg te kom.
 
Behoort die kerke nie dalk ook tot ’n groter mate met nie-gereformeerdes en selfs nie-Christene saam te werk vir gemeenskaplike belange nie?

Theuns: Ek het al baie vir Christengehore die woorde van Jeremia 29:7 aangehaal: “Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.” Maar dit bly moeilik vir die meeste gereformeerdes (klein letter “g”!) om dit te doen ...

Gerrie: Inderdaad, maar dan moet jy die nood van die ander raaksien en nie die Bybel op só ’n manier lees dat jou eie diskriminatoriese waardes jou verhoed om mense te help nie. Ek het een keer ’n preek gehoor van ’n Dopperdominee waar hy die gemeente aangemoedig het om nie hulle kinders maats te laat wees met nie-gereformeerdes nie.

Dit lyk nie of die drie tradisioneel Afrikaanse susterkerke ooit weer een sal word nie. Hoe belangrik is sigbare eenheid onder dié kerke?

Theuns: Dit is uiters belangrik en ’n Bybelse opdrag. Daar is egter te groot meningsverskille hieroor in die GKSA (en ek vermoed ook onderling in die ander Afrikaanse gereformeerde kerke). Die ironie is dat daar GKSA- en NG Kerk-gemeentes is wat vandag in “leer en lewe” nader aan mekaar staan as wat hulle aan ander GKSA- en NG Kerk-gemeentes is! Daar is egter, weens kerklike strukture en prosedure, nie genoeg ruimte vir hierdie gemeentes om nader aan mekaar te beweeg nie. Dit moet verander.  

Gerrie: Op die oomblik heg ek persoonlik geen waarde aan strukturele eenheid nie. Dit is belangriker wat op grondvlak in die onderskeie gemeentes gebeur. Daar is baie beter samewerking as wat ’n sinode oor kan besluit. Mense weet kragte móét saamgesnoer word en dit gebeur ten spyte van sinodebesluite.

Is daar plek vir drie (eintlik vier as ’n mens die APK byreken) gereformeerde Afrikaanse kerke in die land? Sou hulle nie meer kon vermag as hulle een was nie?

Theuns: Ek meen ons gaan in die volgende dekade ’n herposisionering van gereformeerde kerke kry. Vanweë gemeenskaplike probleme en ’n oormag van sekularisasie gaan ons letterlik in mekaar se arms gedryf word. Maar sigbare kerkeenheid onder Christene en selfs onder alle gereformeerdes is nie iets wat ons in my leeftyd gaan vermag nie. Die NG Kerk kan hiervan getuig in die gesprek met die Verenigende Geref Kerk.

Gerrie: Ek sien die bestaan van vier Afrikaanse kerke in die reformatoriese tradisie as vier van die stamme waaruit die Afrikaner bestaan! Dit is histories gewortel en dit gaan nie sommer verander nie. Eenheid moet ook nie gedwonge wees nie. Ek dink nie die gebrek aan eenheid maak meer saak nie. 

Daar is twee sterk uiteenlopende teologiese strome in die land. Die een neig fundamentalisties terwyl die ander meer liberaal en vrysinnig is. Hoe behoort kerke met hierdie twee strome in sy geledere om te gaan, wat op die oog af onversoenbaar is?

Theuns: Sonder om in relativisme te verval, wil ek stel dat ons uitdagings en aanvegtinge (om ’n oud-modiese woord te gebruik) so groot is, dat die verskil tussen teologiese pole minder belangrik raak. Daar is ’n ou reformasiespreuk: “In wesenlike sake, eenheid; in middelmatige sake, vryheid; in alle sake, vertroue en respek.” Natuurlik moet die debat voortgaan oor wat presies wesenlik is, maar vir my is dit duidelik dat die maagdelike geboorte en liggaamlike opstanding minstens twee van die kernpilare is.

Gerrie: Wanneer ’n kerk tussen hierdie strominge gepolariseer word, beteken dit gewoonlik ’n gebrek aan verdraagsaamheid. Gebrek aan laasgenoemde is gewoonlik die gevolg van ’n onvermoë om die ander party te verstaan. Dit is juis in sulke gevalle waar ’n hermeneutiek van weerloosheid ’n rol kan speel, want onverdraagsaamheid spruit voort uit die feit dat een van die partye die ander wil oorweldig of tot niet wil maak. ’n Hermeneutiek van weerloosheid beteken dat die gespreksgenote na mekaar kom met die versoek: “Moenie my doodslaan nie.” Elkeen ontmoet die ander in sy of haar weerloosheid, nakend, sonder bande van enige aard. Die uitdaging is om jou opponent in daardie terme te sien, of diegene wat jy verfoei vanweë hulle moraliteit of klas, geslag, seksuele oriëntasie of selfs ras.

Die kwessie van homoseksualiteit is glad nie op die GKSA se agenda nie. Is dit omdat daar algemeen in die kerk aanvaar word dit is sonde en daar gevolglik nie ’n debat oor die saak gevoer word nie, of is die kerk net huiwerig om dit op die tafel te plaas omdat dit so ’n sensitiewe saak is?

Theuns: Daar is wel interne debat, maar die saak is sover ek weet nog nooit deur ’n kerklike vergadering op die nasionale agenda geplaas nie. Ek kan my nie uitspreek oor wat die rede(s) hiervoor kan wees nie.

Gerrie: Die kerk werk baie sterk met skeppingsgrense: mens en dier, man en vrou, dag en nag, lig en duisternis. Dat menslike seksualiteit ’n kontinuum is en nie begrens is nie, word nie bedink nie. Jou biologiese samestelling is jou voorland. Die stryd om die vrou in die amp te kry, laat die gay-gesprek nie eens op die radar kom nie. Op die oomblik word daar net volstaan met homofobiese veroordelingsuitsprake uit die Bybel en geen haan kraai daaroor nie. Watter hoop het sogenaamde queer-teologie om aandag te kry in die GKSA as feministiese teologie sukkel om vastrapplek te kry? 

Europa word al hoe meer gesekulariseer en kerke en lidmaattalle kwyn by die dag. Ook in Suid-Afrika raak die gereformeerde Afrikaanse kerke algaande kleiner, hoewel die Christendom in Afrika sterk groei op baie terreine. Sal Suid-Afrika nie maar uiteindelik dieselfde pad as Europa loop en al hoe meer gesekulariseer raak nie? En wat hou dit vir die toekoms van die Christendom in?   

Theuns: Sekularisasie onder wit Suid-Afrikaners (en deesdae ook meer en meer onder Afrikaners) neem toe. En tog groei die gereformeerde kerke elders in Afrika en Suid-Amerika. Ons gaan ’n nog kleiner minderheid word, en miskien gaan dit ons (gereformeerdes en Christene) enersyds meer afhanklik van en verdraagsaam teenoor mekaar maak, en andersyds dwing om saam te staan en saam te werk. Dit is dalk die spirituele ekwivalent van die “bloed van die martelare is die saad van die kerk ...”

Gerrie: Ons het klaar ’n sekulêre staat waarbinne kerke met ’n Afrika-ondertoon baie sterk groei. Die toekoms van die gereformeerde tradisie is by Afrika, by kerke soos Sinode Soutpansberg, en nie by ’n oorwegend wit sinode in Potchefstroom waar die agenda steeds deur “witheid” bepaal word nie. Die uitdaging is om te bepaal of ’n mens binne ’n Afrikakonteks wel gereformeerd kan wees, omdat die eerste struikelblok reeds die Bybelteks is wat baie losser benader word as in Europese gereformeerdheid. En dan het ek nog nie gepraat van die positiewe rol van die voorvaders nie. 

 
Kommentaar
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
 
Gesprekke Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.