Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

'n Liefdesbrief aan God

“En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.” Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.” Mark 12:33-34a

Francine van Niekerk

Liewe God,
Ek wens ek kon ’n stuk duur papier vat, met ’n inkpen daarop skryf en agterna ’n spuitsel van my beste parfuum oor die liefdeswoorde laat neersif. ’n Duisend myl na U toe stap en die brief in u hand sit. En dan kyk hoe U die brief oopvou en elke emosie op u gesig indrink terwyl U lees van my diepste liefde vir U.
Maar ek kan nie.

Al waarop ek kan skryf, is my hart. En dié is maar soms soos ’n moedswillige koei – altyd aan die trek ánderkant toe. My gedagtes, die woorde wat moet getuig van my liefde vir U. Maar dié is soms soos ’n geykte deuntjie – altyd met die potensiaal om oppervlakkig en nie opreg te wees nie. En daai stukke ongeloof wat soos roeskolle wegvreet aan die perfektheid van U – dié kry ek met moeite weg.

Maar my diepste begeerte is om U lief te hê. En om U te kén. Te weet wat U laat lag en wat U vies maak. Ek wil U so goed ken dat ek u sinne klaarmaak en met ’n kyk van u oë presies weet wat U bedoel.

Ek wil U ken. In ’n stormagtige ontmoeting of ’n eenvoudige stilte. Solank dit net U is. Onverdund, 100% God. Ek wil nie meer lees van u liefde nie. Ook nie wag om te hoor wat ander oor U te sê het nie. Ek wil nie tweedehandse gevoelens in my hart probeer opwek nie. Ek wil U kén.

En Here, dan vra ek ook sommer in dieselfde asem dat U my sal leer om U te behaag. In alles wat ek doen. Elke woord en elke gedagte – mag dit soos die reuk van rose op ’n warm somersdag om U talm. En mag my dade altyd getuig van die Liefde wat my eerste liefgehad het.
Hier is my hart, Here. Vir die soveelste maal. Ek gee my hart vir U wat nooit ’n nederige hart verstoot nie. Hierdie keer sal ek probeer om my hart nie terug te vat nie. 

Die pad van liefde is baie spontaan, nè Here? Dit is ’n band wat groei soos ’n tenger rankplant. Versigtig en lomp. Maar met elke gebed en geselsie met U, elke uitroep vanuit die diepste plek in my gees, groei daardie liefde.

Elke keer as U nog ’n stukkie van u ontsaglike, omvangryke liefde vir my wys, bid ek dat ek só vertroud sal raak met daardie wete dat dit my hele identiteit sal bepaal. In my onderbewussyn vasgemessel, sodat elke denkpatroon, gedagte en aksie sal spruit uit die wete dat U my liefhet. Maar dan wil ek nog meer hê. Die volgende openbaring van U lê en wag om ontdek te word. U het altyd nóg om te openbaar.

En Here, as U hierdie begeertes van my vervul, word ek tien teen een weg­geblaas deur die liefdesvuur wat in U brand. Maar Here, gee dan vir my die kapasiteit om U liefde te ken. Al neem dit ’n leeftyd.

Met liefde, u kind.

- Francine van Niekerk is ontwerper en joernalis by Kerkbode en LIG.

 
Geestelike Groei Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.