Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Dié simfonie is dapper en tydig

SIMFONIE VIR BEGENADIGDES. ’N VERHAAL VAN HOOP VIR RANDMENSE DEUR CULES HAMMANN. UITGEGEE DEUR BIBLARIDION (2008).
BLADSYE: 213.
PRYS: R100.
RESENSENT: LAMBERT JACOBS.

Die skrywer is nie ’n nuweling wat Christenfiksie betref nie. Dissipel van die nag, Vrou uit Samaria, Lidia die purperverkoopster en Lewenslyn en labirint het reeds uit sy pen verskyn.

Die omslag draai nie doekies om oor die tema van die boek nie. Dit blyk uit die voorbladskets, die subtitel en die aanskrywingstekste deur twee pastorale bedienaars. Is dit sodat mense nie dalk die boek opneem en begin lees sonder om te besef die boek gaan oor homoseksualiteit nie? Het ’n roman enigsins ’n subtitel nodig?

Die boek is netjies uitgelê en goed versorg. Tog is daar ’n klompie setfoute - hier en daar ’n afbreekfout. Die Engels in die teks pla nie, maar dan moet dit minstens korrek gespel wees, en nie as “devine” (bl 55) en “hypocrates” (bl 92) nie. Daar is ook feitefoute. Op bl 182 vertel Tony dat sy ma, ’n Parkinson-lyer, se verstand agteruitgaan, maar Parkinsons tas jou motoriese vaardighede aan. ’n Skerp proeflees sou hierdie foute kon uitskakel.

Marietjie van Loggerenberg noem die roman ’n “poging tot normalisering van gayverhoudings”. Ek stem saam en hoop dat dit wyd gelees sal word. Veral om die wroeging van gelowige gays te probeer verstaan, wat nie deel van flambojante gayparades wil wees nie en binne die kerk die Here met hulle gawes wil dien. Die skrywer verdien ons waardering vir ’n dapper en tydige boek.

I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.