Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

Verwag om verras te word

Chris van Wyk

Een van die verhale wat telkens tydens Epifanie gelees word, is die verhaal van die sterrekykers met Jesus se geboorte. Drie groepe mense het op God se menswording gereageer: koning Herodes en die Jerusalem-middelklas; die teoloë en intelligentsia; en die vreemdelinge uit die Ooste. Hulle reaksies is ’n spieël vir ons om na te dink oor wat ons reaksie op God se werk en teenwoordigheid dié jaar gaan wees.

Matteus vertel vir ons dat Herodes en sy mense met berekende ontsteltenis gereageer het. Op slinkse wyse het hy beplan om die sterrekykers niksvermoedend te gebruik om die nuwe koning uit te roei. Hy het in God se teenwoordigheid kompetisie geruik en was net nie te vinde daarvoor dat Hy ook ’n plek in sy lewe kry nie. Hy het selfs kindermoord gepleeg om God te probeer fnuik.

Die priesterhoofde en skrifgeleerdes was weer tevrede om net die Bybel te lees vir die regte antwoorde, maar niks te doen met die dinge wat hulle gelees het nie. Hierdie tragi-komiese figure het nie eens na Betlehem gegaan om ondersoek in te stel nie. Hulle het die kairos gemis en kon nie die brug slaan na die avontuur van die wonder van die gemeenskap met God nie.

Ons weet min van die sterrekykers. Hulle het selfs fiktiewe name gekry: Kasper, Melgior en Balsazar. Daar is ’n sterk moontlikheid dat hulle volgelinge van Zoroaster was, ’n priester van ’n mono-teïstiese godsdiens in die hedendaagse Iran. Maar selfs dit is net ’n intelligente raaiskoot. Ons weet net een ding, en dit is dat hulle die nuwe koning wou sien en dat hulle alles in die stryd gewerp het om dit reg te kry. Hoewel hulle uit ’n vreemde kultuur en heel moontlik uit ’n vreemde godsdiens was, het hulle die kairos onderskei, die oomblik van beslissing in die geskiedenis, die dag dat Christus gebore is. Daarmee is hulle verander en is hulle by die Kersverhaal betrek, die verhaal van God met hierdie wêreld. Hulle het selfs beskermers van die Kind geword deurdat hulle Herodes se planne in die wiele gery het.

Dit is wonderlik hoe ryk en arm, geleerd en ongeleerd, Jood en heiden mekaar voor die krip ontmoet en in harmonie voor God verkeer. Dit is ’n ontmoeting van hemel en aarde, ’n kairos-oomblik, ’n Epifanie. Hulle het die dinge waarop dit regtig aankom, onderskei. Hulle het die een ding, die passie om in die teenwoordigheid van God te wees en met Hom saam te werk, met alles in hulle nagejaag.

Dit motiveer ons om hierdie jaar die oomblikke van God se teenwoordigheid te onderskei en daarvoor te leef. Dit is die dinge wat regtig saak maak – die kairos-oomblikke uit die verlede én die oomblikke wat kom waarin jy God se teenwoordigheid hierdie jaar gaan ervaar.

Wat jy dus met jou saamvat die nuwe jaar in, is dié oomblikke. Die enigste voorneme wat sin maak, is om hierdie Godsmomente te soek, te verwag, te onderskei en te vertroetel. Verwag om deur God verras te word ...

- Dr Chris van Wyk is die voorsitter van die Sinodale Kommissie van die Sinode van Oos-Kaapland.

 
Kommentaar
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
 
Anton Pienaar sê sy sê Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.