Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 4 Februarie 2012

21-12-2012 - Is dit hierdie keer die einde?

Eindtydvoorspellings het verlede jaar die wêreld laat gons. Toe daar niks van kom nie, het die fokus na 2012 verskuif – na 21-12-2012 om presies te wees.

Talle sogenaamde kenners weet nou (weer ’n keer) presies wanneer Jesus op die wolke gaan kom, of bloot net wanneer die wêreld soos ons dit ken, tot ’n einde gaan kom, want, sê hulle, hierdie keer is dit nie net die Christelike berekeninge wat daarop dui nie. Wat moet Christene met hierdie uitsprake maak?

Stephan joubert

Die dag van 22 Oktober 1844 is sinoniem met William Miller, selfaangestelde prediker en “eindtydkenner”. Jare lank het hy mense in die VSA opgesweep met sy berekenings ten opsigte van die datum van die wederkoms. Sy eerste poging was 21 Maart 1843. Toe verskuif hy die datum na 22 Oktober 1844. Mense was só oortuig dat Miller reg was dat baie hulle werk bedank het en hulle plase, huise en geld weggegee het in afwagting op Christus se terugkoms op daardie dag. Sommige navorsers bereken dat tot soveel as ’n miljoen mense blindelings op hierdie datum ingekoop het!

Toe die son egter op 23 Oktober 1844 opkom, het Hiram Edson, een van Miller se aanhangers, geskryf: “Our fondest hopes and expectations were blasted, and such a spirit of weeping came over us as I never experienced before ... We wept, and wept, till the day dawn.” Tog het einste Edson kort hierna ’n nuwe “teken” ontvang wat bevestig dat daar wel iets in die hemel gebeur het op 22 Oktober. Christus het naamlik vanaf die Heilige na die Allerheiligste verskuif!

William Miller se “berekeningbeheptheid” is niks nuuts nie. Soos die spreekwoordelike armes, is sulke wederkomsvoorspellers nog altyd met ons. Sir John Napier (1550-1617), ’n beroemde uitvinder van wiskundige logaritmes, het byvoorbeeld aan die hand van Daniël 9 bereken dat daar elke 245 jaar in die geskiedenis een of ander wêreldmag opstaan. Hy het hierdie berekenings in verband gebring met die sewe trompette van Openbaring en tot die slotsom gekom dat die laaste trompet in 1541 tydens die Reformasie begin blaas het en sal voortduur tot 1786. In 1639 sal die finale stryd met die antichris aanbreek en in 1688 sou Christus terugkeer. Tot en met 1786 sal Hy dan al die uitverkorenes versamel.

’n Mens kan amper sê: Niks het verander nie! In ons dag gaan “kenners” volspoed voort om die wederkoms se datum te bereken. John Hagee skryf byvoorbeeld in sy boek Beginning of the End dat ons deel is van die sogenaamde “terminal generation” hier op aarde. Hy skryf dit toe aan die “sondige” kennisontploffing in ons dag wat die vervulling van Daniël 12:4 sou wees. Toenemende plae en epidemies, wat glo voorspel is in Sagaria 14:12-15, of die stigting van die staat van Israel op 15 Mei 1948, wat Jesaja 66:8-10 sou vervul, dui volgens hom daarop dat die einde naby is.

Ook word dit onderstreep deur die opbloei van wêreldwye kommunikasie. Openbaring 11 (wat verwys na die twee vermoorde getuies van die Here wie se lyke deur die hele wêreld gesien kan word) kon volgens Hagee nie waar word voordat CNN tot stand gekom het nie. (Sjoe, dat God sowaar eers moes wag vir Ted Koppel en kie!)

Hal Lindsey meen in een van sy onlangse boeke, Planet Earth: The final chapter, dat die wederkoms ook voorafgegaan sal word deur die verskyning van buite-ruimtelike wesens wat mense sal bedrieg.

ussendeur verbind hy Jesus se woorde in Matteus 24:34 (“hierdie geslag sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie”) direk met die stigting van die staat van Israel. Daaruit lei hy af: “He (Jesus) says that the generation alive at the time of the rebirth of Israel will still be around at the Second Advent.”

Verlede jaar was dit Harold Camping wat almal in rep en roer gehad het met sy stelling dat die wegraping teen 18:00 op die aand van 21 Mei sou plaasvind. Dit het wêreldwyd reaksie ontlok omdat Camping ’n invloedryke figuur is. Sy bediening se bates is trouens teen Maart 2011 op $120 miljoen beraam, terwyl sy netwerk 66 radiostasies in die VSA besit wat wêreldwyd in 48 tale uitsaai. Camping het die datum van 21 Mei bereken in die lig van sy mening dat Jesus op 1 April 33 gekruisig is. Die datum 21 Mei 2011, 722 500 dae ná die kruisiging, is bereken deur drie “heilige getalle” (5, 10 en 17) twee keer saam te vermenigvuldig. Op 24 Mei 2011 het Camping, sonder om te blik of te bloos, egter gesê dat hy intussen ’n nuwe openbaring ontvang het. Die wêreld sou nou eers op 21 Oktober 2011 tot ’n einde kom. Hierdie derde datum, nadat hy vroeër jare die wederkoms op 6 September 1994 bereken het, het helaas ook gekom en gegaan!

Die einde op 21 Desember 2012?
En nou is 2012 nogmaals “einde van die wêreldtyd”; soveel so dat selfs die gerespekteerde Nasa ’n hoofstuk op hulle webblad wy aan vrae oor die einde van die wêreld in 2012 (http://www.nasa.gov/topics/earth/features/2012.html). Hulle sluit selfs ’n gerusstelling in wat lui: “Nothing bad will happen to the Earth in 2012.”
Hoekom dan al hierdie konsternasie oor 2012? Moontlik omdat dit hierdie slag nie net Christelike eindtyd-ghoeroes is wat sê die einde is naby nie. Die Majas se kalenders sê blykbaar al lankal so. Boonop gaan dit gebeur op 21 Desember 2012, om presies te wees. Almal, vanaf die gewilde webblad December212012.com tot by National Geographic en Discovery se TV-kanale gons hieroor.

Die Majas, wat Sentraal-Amerika vanaf Meksiko tot Honduras tussen die derde en tiende eeu na Christus oorheers het, het in hulle heilige kalenders die wêreldgeskiedenis in verskillende tydvakke verdeel. Lang tydsverlope is hierin met die term b’ak’tun benoem. Volgens sekere interpreteerders van hierdie kalenders is ons nou naby aan die einde van b’ak’tun nommer 13, as ’n tydperk van 144 000 dae, wat sal aanbreek op 21 Desember 2012. Boonop gaan daardie geheimsinnige planeet Nibiru ook dan sy verskyning maak en reuse kosmiese omwentelings veroorsaak. Jupiter se gasse gaan onder meer behoorlik vlam vat en groot versteurings in ons sonnestelsel veroorsaak. ’n Botsing met die aarde deur een of ander hemelligaam is ook nie uitgesluit nie. Om nie eens te praat van ’n besoek van ruimtewesens vanaf Nibiru, wat blykbaar weer goud vir hulle planeet benodig nie (… dalk moet ons maar die goudmyne nasionaliseer voor daardie datum!)

Lééf die dag nader
Moet ons bang wees vir 21 Desember? Of is dit dalk vir 20 Desember, wat vir sommige ander groepe na die eintlike datum vir die einde klink vanweë die fassinerende 20-12-2012-getalle? Terwyl New Age-kenners orals toesak op dokumente van die antieke mense soos die Majas, of Indiaanse stamme soos die Hopi, moet ons onthou dat mense nog altyd lief was vir berekenings van die einde. Eindtyd-fiksie soos dié deur Tim LaHaye verkoop steeds in hulle miljoene, en profetiese kenners van die eindtyd smokkel steeds wêreldwyd met koppe.

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die einde van die wêreld eksklusief in God se hande is. Nogtans is hierdie dag nie een of ander statiese datum op ’n hemelkalender waarop God ’n rooi kruis gemaak het, en nou wag almal in die hemel gedweë dat die wêreld se uurglas leegloop nie. Jesus leer dat, terwyl slegs God weet wanneer hierdie D-Dag vir die wêreld is, dit andersyds ook ’n dinamiese, oop datum is. Dit beteken die mens se doen en late het ook ’n rol in God se besluite oor die wederkoms se datum.

In die Ons Vadergebed (Matt 6:10) leer Jesus ons om te bid: “Laat u koninkryk kom.” Ons word dus opgeroep om te pleit dat God se nuwe wêreld gou moet aanbreek. Ons hoor ook in Openbaring 22:7, 12 en 22 dat ons die Here aanhoudend moet uitnooi om hierheen terug te keer, waarop Hy antwoord dat Hy dit spoedig sal doen. In die vroeë kerk het die Aramese woorde marana ta juis ook by die nagmaalvierings weerklink as ’n stelling (“die Here kom”), of as ’n hemelse uitnodiging (“kom, Here!”). Die Nuwe-Testamentiese kerk het aangevoel hulle is nederige medebepalers van die groot terugkeerdag van die Here!

In pas met onontginde Bybelse uitsprake dat gelowiges die groot dag van die Here moet nader bid en nader leef (vergelyk ook Luk 18:1-8), stel
2 Petrus 3:12 hierdie oproep so sterk dat selfs die 1983-Bybelvertalers nie die moed gehad het om dit letterlik te vertaal nie. Daar staan naamlik dat gelowiges die wederkoms kan verhaas of versnel. Aan die ander kant veronderstel Jesus in sy bekende gelykenis oor die wederkoms in Lukas 14, waar die Hemelse Gasheer die feesmaal ’n paar keer uitstel sodat sy saal voller kan word, dat hierdie datum ook kan uitskuif. God bestuur dus die tydsverloop na die einde toe op ’n dinamiese manier. Hy neem deurentyd geloof en ongeloof, gebede en menslike pleitroepe in ag. Daarom is dit tydmors om te meen enigiemand aan hierdie kant van die draad ken die datum van die Here se terugkoms.

Die enigste manier om reg voor te berei vir die Here se wederkoms, of dit nou in 2012 is al dan nie, is om, soos wat my ouma dikwels gesê het, te sorg dat ons hemelse tassie elke dag gepak is. Systap al daardie bespiegelings van die geestelike glasbal-kykers en lééf die einde dag vir dag nader. Doen goed aan ander en sorg dat jou lampie se olie elke dag “opgetop” is.

En weet dat God hoegenaamd nie laat sal wees vir sy afspraak met ons nie. Hy sál betyds opdaag vir sy ewige fees!

- Prof Stephan Joubert is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat.

 
Kommentaar
-Lewer kommentaar-
This Is CAPTCHA Image   (Tik die nommers hier in)
 
Aktueel Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.