Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Liewe doomnie

Nou is die sokker óp ons! My maa sê dit voel ’n bietjie onwerklik, ahoy! juig oom Cyril FEEL IT IT IS FEAR, my maa sê Cyril Cyril ligsinnigheid pas nie by ’n sensitiewe mens soos jy nie, toegegee sê oom Cyril bewerig maar ek het ’n uitlaatklep nodig jý doen nie die dorpstannies se hare nie JY hoef nie alles aan te hoor nie JY weet nie van hulle mans nie JY sien net hulle agterkoppe op ’n sondag EK ken hulle binnestes en dit maak my bang.

Siesa! sê my maa daai kaalkoppe het dan nog die afgelope pinkster so opreg gebid teen die gevare wat van buite af instroom, gûh! sê oom Cyril die eintlike gevaar is die strome aan die binnekant DIT was mos nog altyd só met land volk & kerk. Bedoel jy die allerheilige ontsteltenis oor die fossiele wat laas opgegrawe is? vra my maa, oeee! gril oom Cyril LOS liewer die rasende ou bulle in die sloot dáár doen hulle die minste skade dis wel jammer van die periodieke gebulk.

Haai doomnie en toe speel die bulle so lekker in soweto sommige blou manne het báááie lekker paartie gehou, oom Cyril sê siestog hulle was eers bitter bang hulle dog die mense skree STEAL IT IT IS HERE en nou gaan hulle hulle beursies & karre & lewens verloor toe verloor hulle net hulle waardigheid, jip! sug my maa jy gooi NIKS so maklik weg soos jou naam nie daarná gebeur als mos incognito.

Maar doomnie hoef nooit bang te wees vir manne sonder naam wat vir doomnie lelike briewe skryf of agter doomnie se rug praatjies maak nie, my maa sê doomnie weet mos dis soos kersfeespresente dis die gedagte wat tel en dáái gedagtes tel nie veel nie. Miskien moet doomnie vra of doomnie nie saam met ons kerk se grootmanne na daai vergadering van die eenheid van 80 miljoen kan gaan nie miskien kan doomnie vir die groot klomp vra of hulle ook so sukkel met halfleë kerke en ooms. Dalk kan hulle sommer ook vir doomnie uithelp met daai belhar, my maa sê sy weet net nie vir wie doomnie dáároor moet vra nie ons grotmanne is deesdae besonder liggeraak die algemene sinode is mos om die draai FEEL IT IT IS NEAR.

Nee miskien moet doomnie liewerster net hier bly dan kan ons saam sokker kyk ons vrese te bowe kom maar ons waardigheid en sensitiwiteit behou soos dit hoort by mense in agterste banke, mense soos ek en my maa.

I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.