Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

Liewe doomnie

Weet doomnie dalk van watter kerk is daaideon wat so snaaks praat? Die outjie met die kuifie wat altyd oor die radio so aangaan oor ons kerk, my maa sê hy prôt so snôks want hy is van pretoriô, werda! skree my ouma uit die kamer hy is vôn die dywel. Nee nee! keer oom Cyril hy is maar net die dywel se advokaat, gûh! sê my maa sy hoop net hy stuur vir die dywel ’n stywe rekening want hy doen ’n bôie goeie job al is die kennis oor ons kerk wat hy so selfvoldaan uitstal op grôd een vlak en dis bôie vlak.

Dink doomnie nie ons moet daai kordate outjie vra om eerder ’n bietjie te gaan kyk na ons kerk se barmhartigheid in die vrystaat nie DAAR gaan dit glo maar sleg dis nie net hulle rugby nie. As hy net dáároor ’n bietjie dywel se advokaat by die regering kan speel sal dit dalk help miskien maak dit HULLE skaam of kwaad genoeg en ONS verlig en dankbaar en gee dit vir HOM oop ogies en ’n waaksamer mond. My maa sê ek moenie my asem ophou nie, sy sê wetgeleerdes was van die nuwe testament se dae af nog altyd beter met strikvrae en klippe gooi as met barmhartigheid en ingeligtheid.

Haai doomnie nou word die dae ook al hoe minder feel it it is here ons hoofpoliesman trek net sy bheki op ’n plooi HY is mos bang dáár kom ou allie obama GELUKKIG nie meer daai bruin outjie van die engelse nie hulle het hom mos uitgestem én hy het sonder om eers ’n wetgeleerde te raadpleeg vanself geloop DIT gebeur nie sommer in óns land nie. By ons loop die soustrein te lekker buitendien staak of toi-toi daai trein se drywers nooit nie hulle deel net nóg uit, my maa sê ’n mens noem dit die herverdeling van sous, ek wonder net wat wil die tannies wat altyd so voordans met nóg sous maak hulle is dan klaar so lekker dik.

Maar doomnie hoef nie bang te wees dat ons soos oorlede ou oliver twist sal vra vir nóg nie ons is tevrede met ons kerk ten spyte van al die foute en sondes. Daarom sal ons hier bly sit tussen ons mense ONS is nie anders nie ons IS maar almal só. Doomnie kan maar vir daai wetgeleerde en die soustannies sê hulle is welkom om te kom inloer hier is plek vir dikkes én digtes hier in die agterste bank, hier by my en my maa.

I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.