Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 7 September 2010

My maa sê dis toe nie net die doornklowers wat sukkel met saamleef nie dis toe ook daai doorns met die druiwe, oom Cyril sê hy is vir doomnie se part dankbaar dat dit hierdie keer die onderbetalende boere se skuld is Die oorbetaalde doomnie kry mos gewoonlik die skuld vir als. My maa sê skuld is soos ’n kersfeespresent jy gee dit altyd vir iemand anders En dis nie WAT nie dis die GEDAGTE wat tel.

My maa sê daar is één mens wat altyd in haar gedagtes is en dis peter-die-bokwagter

Vir hóm wens sy toe ’n bietjie minder eksperts wat langs die kantlyn staan veral hasbeens wat eintlik nooit wás nie & ’n pakkie mint imperials vir die keel.
Ag! sug oom Cyril hy is bevrees sý gedagtes is nie vavi of malema of ou robber mugabe se gedagtes nie maar hy kan aan ’n klompie oulike kersgeskenke dink WAT van boeke Vir daai vavi: handbook of basic economy 101 Vir ou robber: sanity is from venus mugabe is from mars Vir julius-die-slimme: ’n inkleurboek met ’n stel kryte in alle skakerings van pikswart.

Jip! sug my maa dis die probleem met boeke Almal kán nie lees nie Party verstaan niks wat hulle lees nie maar raas ywerig saam & dan is daar Die Ongelukkiges wat naarstiglik besig is om die skrif teen die muur af te was of weg te wens Vir álmal op hierdie deel van die voedselketting moet jy eerder speelgoed of eetgoed gee of soos vir daai rasta wat ons volkslied so lekker sing ’n bietjie rookgoed & ’n wyle bob marley backtrack vir ’n joint venture.

Oom Cyril sê die eintlike probleem lê by die manne wat ALLES het, my maa sê Vir húlle kan jy net alles van die allerbeste toewens in hulle slegte tye byvoorbeeld Vir joost wanneer hy weer snuf in die neus kry Vir jurie wanneer hy weer sukkel met kleipotte wat maklik breek & Vir die ooms in die voorste bank wanneer hulle agterkom die aflosdoomnie preek nóg slegter as doomnie.
Maar vir doomnie het ons ’n verrassingspakkie ’n botteltjie wyn vir die see & ’n hopie senuweepille vir die engel se krieket & ’n voorraad vergeetdruppels saam met ’n kersfees CD sodat doomnie nie meer nagmerries kry van ons kerssangdiens nie veral die soprane & ’n liefste blou bossie vergeet-my-nietjies van almal wat presies weet hoe afhanklik hulle is, soos almal in agterste banke, mense soos ek en my maa.

I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.