Aanlyn-rubrieke Aktueel Spotprent Geestelike groei Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 9 September 2010

My maa sê dis nou die een ding van bybelverhale hulle bly die kragtige waarheid tot vandag toe. Vat nou maar die storie van jakob die jakkals Deesdae het ons vir comrade jakob die kragreus WAT nie alles sommer vir ’n pot lensiesop wil opvreet nie WAT weet dis jou eersgeboortereg om te bly sit waar jy sit WAT glo dat die tweede wat hiermee gelykstaan is dat jy herontplooi sal word. Jip! sê oom Cyril Een van die dae is ou kragdadige jakob die nuwe sokkerafrigter en leonard chuene die nuwe eskombaas DAN het die bafana net soms ’n blackout en eskom het ’n man wat van lieg ’n kragtige loopbaan maak.

My maa sê die heel beste van die kragspulletjie is dat dit daardie wáre manne jurie joost julius & jansen enkele dae van die voorblaaie af gehou het Al het hulle hulle man gestaan op elke selfoonskermpie en e-pos in hierdie land.
Oom Cyril sê hierdie tyd van die jaar kry hy vir doomnie sóóó jammer oor al die afskeide wat doomnie moet toebid en oor doomnie moet preek teen die gruwel van jingle bells & die gees van die kasregister & die sonde van oormatige vrolikheid EN oor al die ooms wat kwater is as ooit & die tannies wat elke jaareinde moeër is as die vorige een en nou vir doomnie daarvoor kwalik neem MAAR sê oom Cyril Doomnie het darem ook báááie om voor dankbaar te wees want oom allan boesak kon doomnie se medeleraar gewees het & oom adrio die hoofouderling & tannie gretha wiid die leierdiaken & schabir shaik die voorsitter van die finansiële kommissie & george claassen die kategesehoof.

Cyril Cyril sug my maa Jou ligsinnigheid gaan jou nog voor die sinode laat beland, Gie- gie! giggel oom Cyril Dink net daai lewendige kerkraadsvergaderings Dit sal ons elke naweek op die koerant se voorblad laat beland Met die leierdiaken soms op bladsy drie of heel agter Dit hang net af watter sondig koerant.

Maar doomnie sal seker ook bly wees my juffrou is besig om vir ons skryf etiket te leer Ek kry ekstra klasse my juffrou sê Antjie sukkel bietjie veral met. punte. en kommas, En Bietjie Hoofletters my juffrou sê Daar lê nog. vir my. harde werk, voor Om te. doen. maar alle Bietjies, help. Dus groet ons maar Eers soos altyd. met liefde uit, die agterste Bank ek en, my. Maa

I N ..L I G T E R.. L U I M
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.